# Die Verkiesingskommissie sê voorbereidings vorder goed vir die kieserregistrasienaweek van 20 en 21 Junie. Uitvoerende hoof Sy Mamabolo het tydens die nasionale bekendstelling van die plaaslike regeringsverkiesing in Midrand, Gauteng, gesê byna 24-duisend registrasiepunte sal landwyd oopmaak om burgers toe te laat om te registreer en besonderhede by te werk. Hy bevestig meer as […]
# Die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, waarsku sensitiewe inligting op elektroniese toestelle wat tydens ‘n polisie-klopjag by sy huis in Houghton afgeneem is, kan tot sluipmoorde lei en nasionale veiligheidsbedrywighede in gevaar stel. Hy het die Hooggeregshof in Johannesburg genader en beklemtoon die toestelle bevat hoogs-sensitiewe intelligensie-inligting en besonderhede oor geheime agente en voortgesette […]
# ActionSA vra dringende ingryping teen beweerde ongeregistreerde privaat skole in Ekurhuleni, Gauteng, ná bevindings deur die gehalteversekeringsliggaam, Umalusi. John Moodey van die party beweer verskeie instellings word onwettig onder een sambreel bedryf, wat leerders en ouers mislei. Hy sê leerders word blootgestel aan gevare weens gebrekkige registrasies, swak toestande en beweerde wangedrag. Moodey eis […]
# Die vakbondfederasie SAFTU ondersteun COSATU se versoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank om nie môre rentekoerse te verhoog nie. SAFTU se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê ‘n verdere rentekoersverhoging sal die koste van huislenings, voertuigfinansiering en huishoudings se skuldterugbetalings verhoog, en belegging en ekonomiese groei ontmoedig. Hy sê die Reserwebank kan nie voortgaan om inflasie te […]
# Die DA in Gauteng sê die ministers van Gesondheid en van Finansies, Aaron Motsoaledi en Enoch Godongwana, het nie ‘n tydlyn verskaf vir die opgradering van brandveiligheid in die Charlotte Maxeke-akademiese Hospitaal in Johannesburg nie. Woordvoerder Jack Bloom kritiseer agterstande met herstelwerk ná die brand in 2021. Hy verwelkom planne om sale in Augustus […]
# Rugby: Die All Blacks sal sonder hulle kaptein, Scott Barrett, moet klaarkom op hulle toer na Suid-Afrika. Hy het sy rug beseer en is vir tot vyf maande buite aksie. Die afrigter van Barrett se span, die Crusaders, Rob Penney, sê die veteraan van 88 toetse het alle denkbare nie-ingrypende prosedures probeer, maar uiteindelik […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê koolstofvermindering, uiteenlopendheid en digitalisering sal die grondslag vorm van Suid-Afrika se nuwe nywerheids-ontwikkelingstrategie. Hy het tydens sy begrotingsrede in die Parlement gesê die kabinetsgoedgekeurde strategie is daarop gemik om die land as ‘n leier in groen ekonomie te posisioneer terwyl uitvoere, belegging en werkskepping […]