# Tennis: Elena Rybakina van Kazakhstan is die eerste keer amptelik die wêreld-nommer-een-vrouespeler. Die 27-jarige het die mylpaal in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope bereik, waarna sy die tweemalige verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, in die eindstryd geklop en die posisie by haar oorgeneem het. Die Amerikaners Jessica Pegula en Coco Gauff is […]
# Kommer oor die stadiger pas van kunsmatige intelligensie-ontwikkeling het die druk op tegnologie-aandele verskerp, en aandele in K-I-verwante ondernemings in Asië het vandag gedaal. Suid-Korea se KOSPI-aanwyser het met 3,7-persent gedaal, terwyl Chipmaker SK Hynix 5,75-persent gedaal het. Tokio se groot K-I-belegger, SoftBank, het met 13-persent gedaal, terwyl die Taiwan Semiconductor-vervaardigingsonderneming 1,2-persent laer verhandel […]
# Owerhede het bevestig die dodetal in ‘n botsing tussen twee minibus-taxis en ‘n ander voertuig op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap het tot 21 gestyg. Nood- en verkeersdienste is steeds op die toneel. Muneera Allie van die Departement Mobiliteit sê die N1 is steeds gesluit in albei rigtings. Sy […]
# Rugby: Die Springbokke is oorweldig deur die ondersteuning wat hulle in Amerika ontvang het waar hul in Baltimore die Rugby Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks beklink het. Meer as 68-duisend toeskouers het die M&T Bank-stadion volgepak toe Suid-Afrika Nieu-Seeland 43-28 verslaan en die reeks 3-1 beklink het. Die Bokke het vroeër ‘n hartlike […]
# Tennis: Die Amerikaanse Ope-kampioen, Alexander Zverev, is nou in ‘n uitstekende posisie om die 30ste wêreld-nommer-een-speler te word. Die Duitser is nou slegs een-duisend-810-punte agter die Italianer Jannik Sinner op die jongste wêreldranglys. Die Spanjaard Carlos Alcaraz is derde en die Amerikaner Ben Shelton vierde – die beste van sy loopbaan nadat hy die […]
# Die Johannesburgse Metropolisie waarsku motoriste oor voortgesette betogings langs Provinsie-weg en die K43, wat verkeer in Ennerdale, Finetown en Lenasia-Suid ontwrig. Betogers het albei roetes versper met brandende motorbande en klippe. Woordvoerder Xolani Fihla sê inwoners betoog blykbaar oor onwettige kragaansluitings en eis City Power se ingryping. Hy sê beamptes op die toneel herlei […]
# Die vakbondfederasie COSATU vertrou Transnet se prestasie sal verder verbeter en daarom moet hy in staatsbesit bly. Transnet het einde Maart ‘n wins van 4,6-miljard-rand aangeteken na ‘n netto-verlies van 1,9-miljard-rand die vorige boekjaar. Matthew Parks van COSATU sê die beduidende verbeterings op die land se hawens is bemoedigend, met uitvoerders wat nie meer […]