Skip to content

Rugby: Rassie hoop Baltimore-toets sal die spel in Amerika uitbrei voor 2031 se Wêreldbeker

# Rugby: Die Springbokke is oorweldig deur die ondersteuning wat hulle in Amerika ontvang het waar hul in Baltimore die Rugby Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks beklink het. Meer as 68-duisend toeskouers het die M&T Bank-stadion volgepak toe Suid-Afrika Nieu-Seeland 43-28 verslaan en die reeks 3-1 beklink het. Die Bokke het vroeër ‘n hartlike ontvangs op die lughawe gekry en bewonderaars het hulle in die stad voorgekeer. Afrigter Rassie Erasmus hoop die ervaring sal die spel uitbrei in Amerika, wat die Wêreldbekertoernooi in 2031 aanbied.