Skip to content

Kaapstad en Namibië onder top-20 plekke in wêreld om tussen Oktober en Februarie te besoek

# Kaapstad is een van TimeOut se 20 beste plekke om tussen Oktober en Februarie te besoek. Dit is omdat lande in die Noordelike Halfrond in dié tyd kouer weer ervaar. Sharm-el-Sjeik in Egipte, bekend vir sy turkoois water en wolklose blou hemel feitlik heeljaar, is boaan die lys. Namibië is tweede, gevolg deur Ciprus, Bali in Indonesië en Alicante in Spanje. Kaapstad is 17de op die lys danksy sy ryk natuurskoon, strande en blou lug in die somer.