# AfriForum sê die Gautengse Departement van Onderwys blameer skole verkeerdelik vir die provinsie se munisipale skuldkrisis. Die burgerregte-organisasie sê die departement ignoreer sy eie rol in onbetaalde munisipale rekeninge, insluitend ‘n gerapporteerde skuld van 583-miljoen-rand, asook vertraagde oorbetalings aan skole. Alana Bailey van AfriForum waarsku planne om gedesentraliseerde skoolbestuur te hersien, kan skole wat […]
# Die DA sê die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, versuim om op te tree teen burgemeesterskomiteelede wat ernstige aantygings, insluitend klagtes van misdaag en bewerings van intimidasie en geweld in die gesig staar. Die party voer aan die burgemeester se stilswye skep die indruk dat lede van sy uitvoerende gesag bo die wet is […]
# Die MK-party in Tshwane sê dringende ingryping is nodig om te verhoed dat die stad se dienste in duie stort. Volgens die party worstel die stad met ernstige bestuurs- en finansiële uitdagings, insluitend duur betalings aan amptenare wat nie pligte uitvoer nie en die voortdurende waterkrisis in Hammanskraal. Abel Tau van MK vra vir […]
# Wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch het saamgespan om die ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda te help beheer. Die uitbreking, wat deur die Bundibugyo-stam veroorsaak is, is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot ‘n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand verklaar. Navorsers sê daar is tans geen gelisensieerde entstowwe of spesifieke behandelings vir die spesifieke stam […]
# Die ANC in Johannesburg het kommer uitgespreek oor ernstige bewerings teen die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling, Nomoya Mnisi, insluitend ontvoering, aanranding en dreigemente waarby ‘n minderjarige betrokke is. Die party glo die saak moet volledig deur wetstoepassing ondersoek word en behoorlike regsprosesse moet gevolg word. Die streeksekretaris van die ANC, Sasabona Manganye, waarsku ook […]
# Die uitvoerende bestuurder van WaterCAN, Ferrial Adam, eis die bedanking van die Emfuleni munisipale bestuurder, April Ntuli, na sy getuienis by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se ondersoek na Gauteng se wateruitdagings. Sy sê Ntuli het beweer hy was onbewus van inwoners wat nie toegang tot water het nie, ten spyte van voortdurende diensleweringsmislukkings. Adam beklemtoon […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die saak teen die vermeende misdaadbaas Nafiz Modack en sy medebeskuldigde tot Maandag uitgestel. Regter Robert Henney het gelas Modack se verdedigingsaak moet afgesluit word nadat hy versuim het om nuwe getuies te bekom. Modack staan tereg op 120 aanklagte, insluitend die sluipmoord op die speurder van die Anti-Bende-eenheid, Charl […]
# Die Gautengse regering herbevestig sy verbintenis om aandag te skenk aan water- en sanitasie-uitdagings in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit. Dit volg ná voorleggings op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verhore waar ernstige infrastruktuurmislukkings uitgelig is, insluitend verouderende stelsels, rioolstortings, onderbroke toevoer en nie-verrekenbare waterverliese wat op 70-persent geraam word. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê finansiële druk en […]
# Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Andy Mothibi, sê die staatsaanklaer Mkhuseli Ntaba het vir sy veiligheid gevrees te midde van die hoëprofielsaak teen die taxibaas van Mpumalanga, Joe “Ferrari” Sibanyoni. Ntaba het nie by die Kwaggafonteinse Landdroshof opgedaag nie, waarna die saak van die rol geskrap en ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik […]