# Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya sê sy het Rand Water gevra om tegniese kennis en ondersteuning te deel om die herstel en opgradering van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg te bespoedig. Die metro het drie weke lank water wat nie met chloor behandel is nie aan gemeenskappe verskaf sonder om hulle in te lig dat dit onveilig is. Dit het veroorsaak dat 408 mense maagderm-siektes opgedoen het. Moya sê Rand Water werk aan ʼn installeringsplan om onder meer te bepaal of die aanleg ʼn verdere tydperk gesluit moet word om noodsaaklike werk te doen:
Rand Water gaan help om Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg reg te ruk [KLANK]
ENG MoyaONRehabilitation