# Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê langtermynbestendigheid sal […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê beter koördinering is nodig tussen die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Nasionale Tesourie met wêreldwye olieprysskokke as gevolg van spanning in die Straat van Hormoes. Volgens die buro kan tydelike brandstofheffingverligting help om inflasie laer te hou en druk op rentekoerse te verminder. Die buro het bygevoeg dat nouer […]
# Statistieke Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in Maart toegeneem. Die totale aantal likwidasies het op ‘n jaargrondslag met 15-persent, van 127 tot 146 gevalle, gestyg. Die styging is gedryf deur hoër getalle van beide beslote korporasies en maatskappye wat gesluit is. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in Januarie en Maart het likwidasies ook effens […]
# Build One South Africa is gereed om ‘n nuwe Wetsontwerp op Regverdige Betaling ter tafel te lê, wat ten doel het om werksoekers teen salarisdiskriminasie te beskerm. Die voorgestelde wet, wat voor Werkersdag ingedien sal word, sal poog om regverdige en deursigtige betaalpraktyke te bevorder, veral vir jongmense en voorheen benadeelde groepe. Roger Solomons […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se swak Staatsdiens belemmer ekonomiese groei en benodig dringende hervorming. Die organisasie voer aan politieke inmenging en kaderontplooiing het sedert 1994 die staat se vermoë ondermyn om dienste te lewer, doeltreffendheid verminder en die ekonomie geskaad. Terence Corrigan van die instituut sê ‘n hervormde Staatsdiens is noodsaaklik om […]
# Die Durban Sake-indaba in die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konferensiesentrum, bring bedryfsleiers, die regering, en klein, medium en mikro-ondernemings bymekaar om befondsing, voldoening, marktoegang en vennootskappe te bespreek. Die vierdaagse indaba, aangebied deur die eThekwini-munisipaliteit, is deel van die breër Durban Sakebeurs-uitstalling, tesame met hoë-impak bemagtigingsinisiatiewe, insluitend meesterklasse in sake-ontwikkeling en beurse vir sake-administrasie. […]
# COSATU en FEDUSA het die Mediese Skema vir Staatsamptenare tot 6 Mei gegee om ‘n premieverhoging van 9,5-persent te hersien. Die federasies sê die verhoging is onbekostigbaar en blameer bestuursmislukkings, swak beplanning en finansiële lekkasie. Die federasies eis ‘n memorandum van ooreenkoms wat voorsiening maak vir leierskapsvlak-betrokkenheid minstens twee keer per jaar. Hulle waarsku […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die nuwe reservoir- en toringontwikkelings in Brixton, Johannesburg, sal watersekerheid versterk. Sleutelfasiliteite soos die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal, die Helen Joseph-hospitaal, die SABC en die Universiteit van Johannesburg sal baat vind. Die minister sê Suid-Afrika het voldoende waterbronne, maar verouderde infrastruktuur, onwettige verbindings en wanbetaling bly […]
# Die Departement van Basiese Onderwys het te midde van kommer oor verkrygingsonreëlmatighede verduidelik sy handboek-siftingsproses is nie ‘n tenderstelsel nie. Beamptes sê die proses gebruik blinde sifting, waartydens manuskripte sonder uitgewerbesonderhede beoordeel word om regverdigheid en gehalte te verseker. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê meer as 150 vakkundiges evalueer voorleggings teen kurrikulumstandaarde […]