Skip to content

Kaapstad skep sentrum om groot ontwikkelingsaansoeke te vinniger te verwerk

# Die Stad Kaapstad is besig met die skepping van ‘n nuwe sentrum om die verwerking van ingewikkelde ontwikkelingsaansoeke met ‘n hoë waarde te bespoedig. Die Sentrum vir Strategiese Ontwikkelingsaansoeke sal na verwagting teen Februarie in die Tafelbaaise distriksbeplanningskantoor in werking wees. Onderburgemeester Eddie Andrews sê die sentrum sal help om vertragings te verminder, belegging te ondersteun en volhoubare stedelike groei te bevorder. Die stad werf ook beplanningspesialiste en beplan om kunsmatige intelligensie in te span om die aansoekproses te verbeter.