# President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika versoek om Nelson Mandela Internasionale Dag te gebruik om weer te fokus op pogings om armoede en ongelykheid te bekamp. Mandela-dag word op 18 Julie herdenk ter ere van die oorlede oudpresident se verjaardag en ‘n oproep om 67 minute aan diens af te staan. In sy weeklikse nuusbrief […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hulle sal nog hulpbronne ontplooi om veiligheid te verskerp in aanloop tot die tweede kieserregistrasie-naweek in Augustus en die komende munisipale verkiesing in November. Die afgelope paar maande is minstens 12 raadslede in vermoedelik politieke geweld vermoor. Cachalia sê dis die regering se verantwoordelikheid om seker […]
# Die Valke ontken berigte dat hy die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, ondersoek. Public Interest SA het ʼn strafregtelike klag teen Dimpane ingedien waarin beweer word sy het die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree. Dit hou verband met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se omstrede Medicare24-kontrak van 228-miljoen-rand. Die Valke sê Public Interest SA se […]
# Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps het vanoggend vergeldingsaanvalle op Amerikaanse militêre basisse in Koeweit, Jordanië en Bahrein uitgevoer. Dit volg nadat Amerika gister Teheran aangeval en Iranse lugafweerstelsels, radarstasies aan die kus en missiel- en hommeltuig-persele getref het. Volgens Iran is een persoon dood en vier ander beseer. Die hernude aanvalle stel die tussentydse […]
# Rugby: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, sê hulle is goed voorbereid vir vanaand se Junior Wêreldkampioenskaps-halfeindstryd teen Engeland in Tbilisi, Georgië. Hy het vier veranderings aangebring aan die span wat Wallis in hul laaste groepskragmeting gewen het, met ses voorspelers en twee agterspelers op die bank. Foote sê hulle het ʼn opwindende span en […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die voortvlugtige Ndodana Mkhanyisi Tshuma sal aan Brittanje uitgelewer word sodra al die nodige dokumente onderteken is. Die 45-jarige Zimbabwiese burger, wat deur Interpol gesoek word vir die moord op sy vrou en twee kinders in die Verenigde Koninkryk, is verlede week in Johannesburg […]
# Gholf: Tom Kim van Suid-Korea het sy eerste PGA Toer-titel in drie jaar opgeraap toe hy die Skotse Ope by die Renaissance-klub gewen het. Die 24-jarige Kim het ʼn oorwinning van twee houe oor die Australiër, Min Woo Lee, behaal om sy vierde PGA Toer-titel te buit. Die Skot, Robert MacIntyre, is met vier […]
# Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, verskyn na verwagting vandag voor die Madlanga-kommissie. Dit volg na getuienis dat Johnson in 2018, toe sy ʼn senior aanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag was, na bewering die inhoud van ʼn vertroulike misdaad-klagte laat uitlek het aan die hoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, wat ʼn […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals wat tans landwyd dien, […]