Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 Julie 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontwikkel tans nuwe raamwerke om kriptogeldeenheidgebruik te reguleer. Die koerant skryf die bank fokus op die integrasie van digitale bates in binnelandse en oorgrens-betalings. # En die Netwerk24-webblad: Berig die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, […]
The headlines of the leading newspapers on 13 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the South African Reserve Bank is currently developing new frameworks to regulate cryptocurrency use. The newspaper writes that the bank is focusing on integrating digital assets into domestic and cross-border payments. # And the Netwerk24 website: Reports the minister of […]
# Minstens 27 mense is dood nadat ʼn brand in die Rong Beer Na Lat Phrao, ʼn gewilde kroeg in Thailand se hoofstad, Bangkok, uitgebreek het. Nog 63 is beseer waarvan 22 se toestand bedenklik is. Volgens berigte het getuies gesien hoe rook uit ʼn stroomverbreker naby die verhoog kom voor die krag afgegaan en […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die tiende speler geword wat sy mans-enkelspeltitel suksesvol verdedig op Wimbledon. Die Italianer het Alexander Zverev van Duitsland in viere stelle verslaan vir sy vyfde Grand Slam-titel. Zverev, wat verlede maand die Franse Ope gewen het, wou die eerste man sedert 1968 word wat sy tweede Grand Slam-titel […]
# Pakistan se ministerie van Buitelandse Sake sê hy is diep bekommerd oor die onlangse voorvalle wat spanning in die Midde-Ooste verhoog. Amerika en Iran het die naweek aanvalle op mekaar uitgevoer, met Washington wat meer as 140 teikens in Teheran getref het. Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps het Amerikaanse basisse en bondgenote in die […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering gaan voort om buitelanders na hul lande terug te stuur volgens riglyne van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie se vyfpuntplan. Tot op hede is 53-duisend-449 buitelanders vir deportasie en repatriasie verwerk. Die meeste is Malawiese burgers, gevolg deur Zimbabwiërs en Mosambiekers. Kubayi […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as wydverspreide waninligting en opruiende retoriek teen die Suid-Afrikaanse regering. Die regering is gekritiseer oor die toekenning van 600-miljoen-rand vir polisiëring tydens die 30 Junie-betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Cachalia het gister tydens ʼn vergadering van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie […]
# Krieket: Brendon McCullum gaan na vier jaar uittree as Engeland se hoofafrigter. Dit volg na ʼn reeks swak uitslae, insluitend verlede jaar se 4-1-nederlaag in die Reeks om die As teen Australië, en talle voorvalle van die veld af. Engeland het agt van hul 12 toetse onder die 44-jarige McCullum verloor en slegs drie […]
# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê haar departement sal hierdie week ʼn tussentydse busdiens instel vir Hammanskraal en omliggende gebiede. Dit volg ná North West Transport Investment se versuim om sy kontrak na te kom. NTI, wat jaarliks meer as 3,6-miljoen passasiers tussen Gauteng en Noordwes vervoer, skuld die Gautengse […]