# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as wydverspreide waninligting en opruiende retoriek teen die Suid-Afrikaanse regering. Die regering is gekritiseer oor die toekenning van 600-miljoen-rand vir polisiëring tydens die 30 Junie-betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Cachalia het gister tydens ʼn vergadering van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie die media toegespreek, en gesê die regering is bewus van die finansiële, humanitêre en ekonomiese gevolge indien hy nie vir ernstige sekuriteit-bedreigings voorberei nie:
Waarnemende Polisieminister Cachalia is bekommerd oor opruiende retoriek teen regering [KLANK]
ENG CachaliaOnCriticism