# President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika versoek om Nelson Mandela Internasionale Dag te gebruik om weer te fokus op pogings om armoede en ongelykheid te bekamp. Mandela-dag word op 18 Julie herdenk ter ere van die oorlede oudpresident se verjaardag en ‘n oproep om 67 minute aan diens af te staan. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa dat dit vir Madiba duidelik was dat die oorwinning van armoede nie ‘n daad van liefdadigheid is nie, maar van geregtigheid. Hy sê geen nasie kan ongelykheid alleen oorwin nie. Gekoördineerde multilaterale optrede gewortel in solidariteit is nodig.
Ramaphosa sê die oorwinning van armoede is nie ‘n daad van liefdadigheid nie, maar van geregtigheid