# Drie mense is dood en vier ernstig beseer in vanoggend se botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N7 by Malibongwe-rylaan in Kaapstad. Die Wes-Kaapse regering sê die N7 suidwaarts bly gesluit by die Potsdamweg- en Malibongwe-rylaan-wisselaar. Motoriste word versoek om die gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik weens erge […]
# Satellietbeelde dui aan gister se dodelike kitsoorstroming naby Nepal se grens met Tibet is moontlik veroorsaak toe die onderste gedeelte van ‘n gletser afgebreek en honderde meter ver in die vallei neergestort het. Dis nog onduidelik wat die instorting veroorsaak het, maar Nepalese amptenare meen ‘n aardbewing in Suid-Asië kon moontlik ‘n rol gespeel […]
# Die Vereniging van Vleis-invoerders en-uitvoerders sê Suid-Afrikaanse verbruikers betaal hoër pryse vir beesstert omdat beperkings op invoere uit Argentinië die aanbod steeds onder druk plaas. Beesstertpryse het gestyg van tussen 79- en 99-rand per kilogram vroeër vanjaar tot 199-rand. Die vereniging sê Suid-Afrika maak sterk staat op Argentynse invoere, en het die Departement van […]
# Katar se eerste minister, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman, sal vandag met Iranse amptenare in Teheran vergader om maniere te bespreek om spanning te ontlont en bevorderlike toestande vir dialoog te skep. Katar was tot nou ‘n belangrike bemiddelaar in die Amerikaans-Iranse konflik. Die Ministerie van Buitelandse Sake sê gesprekke sal insluit streeksveiligheid, vryheid van […]
# Die selfverklaarde baasbrein van die terreuraanvalle op 11 September 2001, Khalid Sheikh Mohammed, gaan van Junie 2028 in Amerika teregstaan. Hy word daarvan beskuldig dat hy die aanvalle beplan het waartydens gekaapte passasiersvliegtuie teen die Wêreldhandelsentrum in New York en die Pentagon in Washington vasgevlieg het. Twee-duisend-976 mense het gesterf. Mohammed en twee medebeskuldigdes […]
# Cricket: South Africa faces hosts Namibia in tomorrow’s opener of the T20 tri-series in the capital of Windhoek. The tournament also features the other co-host of next year’s one-day World Cup, Zimbabwe. Each team play the other two twice, and the top-two teams will reach next Sunday’s final. Björn Fortuin will captain the young […]
# Gholf: LIV Gholf skaal sy bedrywighede af en gaan volgende week begin om die meeste van sy 300 werknemers af te lê. Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds het sedert Junie 2022 meer as 79,76-miljard-rand belê, maar gaan sy befondsing einde vanjaar beëindig. Die LIV-seisoen het ‘n week vroeër geëindig nadat die span-kampioenskap in Michigan afgelas […]
# Tennis: Germany’s Alexander Zverev and Aryna Sabalenka of Belarus are the top seeds in the US Open singles competitions, which start at Flushing Meadows in New York on Sunday. Zverev is seeded first in the men’s draw in the absence of injured world number one, Jannik Sinner of Italy. Defending champion Carlos Alcaraz of […]
# Rugby: Die Stormers-23 word versterk deur die terugkeer van die heelagter Dylan Miller en die slot Gary Porter voor môre se laaste Curriebeker-groepswedstryd teen die Leeus in Johannesburg. Eric Basson begin as losvoorspeler in die plek van die beseerde Divan Fuller, terwyl Luke Burger na binnesenter skuif nadat Cornel Smit beseer is. Die Junior Springbok-flank […]