Skip to content

Eskom op soek na ’n strategiese vennoot vir die Tubatse-pompopgaar projek

# Eskom is op soek na ‘n strategiese vennoot om te help met die ontwikkeling van ‘n pomp-opgaarskema van 1,5 gigawatt naby Roossenekal in Limpopo. Na verwagting sal die Tubatse-projek Suid-Afrika se grootste pomp-opgaarfasiliteit word, met die vermoë om 21-gigawatt-uur elektrisiteit te stoor en vir tot 14 uur krag op te wek. Die woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena sê die projek sal help om elektrisiteitsvoorsiening te verbeter en die gebruik van meer wind- en sonkrag moontlik maak. Mokwena sê maatskappye wat belangstel het tot 30 November om hul aansoeke in te dien.