# Motorsport: Rwanda het Suid-Afrika geklop met die aankondiging van Formule Een dat dié land in die vroeë 2030’s die Grand Prix sal aanbied. Dit sal die eerste een in Afrika wees sedert die Suid-Afrikaanse wedren van 1993 op Kyalami in Johannesburg. F1 het aangekondig ‘n splinternuwe FIA-graad 1-renbaan sal in Bugesera, naby die nuwe internasionale lughawe, gebou word. Die baan, wat deur Tilke en WurzDesign ontwerp is, maak gebruik van Rwanda se heuwelagtige landskap en verwesenlik ‘n lang gekoesterde ambisie van die F1-leierskap en -renjaers om ‘n wêreldwye voetspoor op elke vasteland te vestig.
Motorsport: Rwanda gaan Afrika se Formule Een Grand Prix in die vroeë 2030’s aanbied