# Nog twee slagoffers is dood ná gisteraand se skietvoorval in Katlehong-Noord in Gauteng. Die slagoffers was volgens berigte op pad terug van ‘n gedenkdiens toe ‘n gewapende man op hulle losbrand. Die polisie sê die laaste twee slagoffers is later in die hospitaal dood. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê dit bring die dodetal op vier te staan, terwyl drie mense beseer is. Sy sê die verdagte bly in polisie-aanhouding.
Dodetal styg tot vier ná skietvoorval in Katlehong, Gauteng