Skip to content

Saoedi-Arabië verleng die sluiting van die internasionale lughawe in Riaad weens kommer oor veiligheid

# Die owerhede het die sluiting van Riaad se King Khalid-internasionale lughawe tot Saterdag verleng. Lugrederye het vlugte gekanselleer na voortdurende aanvalle deur Jemen se Iran-gesinde Houthi-rebelle veroorsaak het dat die lugruim bo Saoedi-Arabië se hoofstad gesluit moes word. Die Saoedi-burgerlugvaartowerheid sê bedrywighede is opgeskort vir opruimingswerk en om veiligheid en operasionele gereedheid van die lughawe te verseker. Die lughawe is Saterdag gesluit toe daar ‘n aanval was waarin 13 mense dood en meer as 300 beseer is. Nog ‘n aanval Sondag het een lewe geëis en ten minste twaalf mense is beseer.