# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom Gautengse spanne se vinnige reaksie ná ‘n massaskietery in Cleveland, Johannesburg, waarin 12 mense dood is. Sy het die ontplooiing van bykomende nasionale spesialis-eenhede gelas, insluitend forensiese kundiges en taktiese reaksiespanne, om die ondersoek te ondersteun. Polisiewoordvoerder Nonkululeko Phokane sê ‘n multidissiplinêre taakspan volg leidrade op, insluitend […]
# Cricket: The pitch of the home of cricket, Lord’s in London, was found to be unsatisfactory during the first Test between England and New Zealand. Match referee Andy Pycroft delivered the verdict after the hosts won by 115 runs within four days. England’s captain, Ben Stokes, and former captains Nasser Hussain and Michael Vaughan […]
# Hongkongse owerhede het sewe mense en twee ondernemings aangekla van oortredings, insluitend strafbare manslag en sameswering, oor die stad se dodelikste brand in dekades in November verlede jaar. Dit het sewe woonstelgeboue verswelg en 168 lewens geëis. Die slagoffers se geliefdes wag sedertdien op antwoorde nadat die brand die hegte gemeenskap van Wang Fuk […]
# Noord-Ierland se regering het die teen-immigrasie-betogings veroordeel wat oornag in geweld omgesit het nadat ‘n Soedanese man aangekeer is na ‘n mesaanval in Belfast. Huise en voertuie is aan die brand gesteek terwyl sowat 100 gemaskerde mans deure stukkend geskop, vensters gebreek en geëis het dat buitelanders moet padgee. Die 30-jarige verdagte is van […]
# Johannesburg se uitvoerende burgemeester, Dada Morero, gee die voormalige burgemeester, Herman Mashaba, die skuld vir wat hy swak leierskap noem wat bygedra het tot voortdurende bestuurs- en dienslewerings-uitdagings. Morero voer aan besluite wat tydens Mashaba se ampstermyn geneem is, het blywende administratiewe onbestendigheid veroorsaak en stelsels verswak. Die uitlatings het politieke spanning in die […]
# Soccer: Brazilian star Neymar feels like a kid about playing in his fourth and final World Cup. The country’s all-time record scorer, with 79 goals in 128 matches, says he is recovering well from a nagging calf injury. He played his first tournament at home in 2014 and again in Russia in 2018 and […]
# SECTION27 sal namens ‘n ouer van drie leerders die Hooggeregshof in Johannesburg nader om te vra dat kinders wat weens uitstaande skoolgeld by ‘n privaat skool geweier is, weer toegelaat mag word. Die twee Graad 12-leerders en ‘n Graad 4-leerder is gederegistreer van die Onafhanklike Eksamenraad se eksamens en klasse. ‘n Regsassistent, Kholofelo Mphahlele, […]
# Die vakbondfederasie COSATU verwelkom die bekendstelling van Eskom Green. Die toegewyde hernubare energie-bedryfseenheid is ontwerp om die ontwikkeling van grootskaalse hernubare energieprojekte te versnel. COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê die organisasie bly egter sterk gekant teen enige ontbondeling van Eskom, aangesien dit sy vermoë kan bedreig om energiesekerheid te verskaf. Hy sê Eskom […]
# Die onafhanklike veebedryfsgroep, FMD Response SA, het die regering versoek om dringend miljoene bek-en-klouseer-entstofdosisse beskikbaar te stel aan privaat veeartse. Die groep sê uitbrekings versprei steeds en bedreig veeproduksie en landelike voortbestaan. Woordvoerder Andrew Morphew sê Suid-Afrika verwag 14-miljoen entstofdosisse, maar slegs sowat 4,4-miljoen beeste is tot dusver ingeënt. Hy voer aan breër deelname […]