Skip to content

Matlala laat vaar borgtogaansoek in eiendomsbedrogsaak

# Die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het sy borgtogaansoek teruggetrek in die Landdroshof in Pretoria. Hy word aangekla van bedrog, vervalsing en die gebruik van vervalste dokumente oor ‘n beweerde bedrieglike huurooreenkoms vir ‘n luukse eiendom in Waterkloofhoogte, teen 95-duisend-rand per maand. Die staat voer aan Matlala, sy vrou Tsakane, en nog twee beskuldigdes het dokumente vervals om die huurooreenkoms te bekom. Sy regsverteenwoordiger sê hulle kan weer borgtog vra ná die verrigtinge in die Hooggeregshof in Johannesburg, waar Matlala en sy medebeskuldigdes aangekla word van poging tot moord.