# ‘n Dokumentêre program oor kinders wat in Philipstown in die Noord-Kaap met handgemaakte draadkarre resies jaag, is vir ‘n Emmy benoem. Die Philipstown WireCar Grand Prix volg kinders wat motors uit afvalmateriaal bou en daarmee oor ‘n afstand van drie kilometer resies jaag. Die rolprent is een van vier benoemings in die kategorie vir sportdokumentêre programme en ding mee teen produksies uit Brasilië, Spanje en Brittanje. Die Suid-Afrikaanse program is gemaak om die dorp te bevorder en steun te werf vir programme wat die dorp se jongmense bevoordeel. Die seremonie is op 23 November in New York.
Dokumentêr oor Karoo se draadkarre vir ’n Emmy benoem