# Sokker: Die beheerliggaam van die Suid-Afrikaanse Sokkerverenging se Nasionale Uitvoerende Komitee het besluit om die regskoste van die president, Danny Jordaan en die finansiële hoof, Gronie Hluyo te dek. Die twee is in 2024 saam met Trevor Neethling, direkteur van Grit Communications, ná ‘n Valke-ondersoek, gearresteer oor die beweerde misbruik van 1,3-miljoen-rand van SAFA-fondse. […]
# Motorsport: Die president van die FIA, Mohammed Ben Sulayem, verwag die Formule Een Grand Prix in Katar en Abu Dhabi sal soos beplan voortgaan. Dit volg ondanks voortgesette konflik in die Midde-Ooste en die Iran-gesteunde Houthi-aanvalle op Saoedi-Arabië. Sulayem het aan Motorsport.com gesê hy is vol vertroue die laaste twee wedrenne van die seisoen […]
# Die Durbanse polisie ondersoek die noodlottige aanranding van ‘n buitelandse burger deur ongeveer 50 mense in die middestad. Die woordvoerder, Robert Netshiunda, sê die man wat na raming in sy laat 30’s of vroeë 40’s was, is op die toneel dood verklaar. Die aanval het plaasgevind nadat twee mans uit ‘n groep, wat in […]
# Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Augustus met 3,3-persent toegeneem. Verkope van klere, skoeisel en leerware was een van die grootste bydraers, saam met verkope deur algemene handelaars en ander kleinhandelaars. Seisoenverkope het egter met 0,3-persent gedaal vergeleke met Julie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor die drie maande tot Augustus […]
# Die regering het ‘n leningswaarborg van tot ‘n miljard-rand aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens toegestaan om sy daaglikse bedrywighede te help befonds weens stygende brandstofpryse. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê dis nie befondsing nie, maar beteken die regering sal lenings waarborg indien die lugredery nie sy verpligtinge kan nakom nie. Hy sê die […]
# Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in September 4,5-persent bereik, teenoor 4,4-persent in Augustus. Hoër brandstofpryse was ‘n groot dryfveer, met vervoerkoste wat verantwoordelik is vir ‘n derde van die algehele inflasiekoers. Brandstofpryse het die afgelope jaar met 27,9-persent gestyg, terwyl voedselinflasie ook tot 1,2-persent toegeneem het. […]
# Suid-Koreaanse reddingswerkers berei voor om Busan se beroemde haai weereens terug see toe te help. Die vaalhaai met die bynaam Bukang-i is ure na ‘n vorige poging weer terug in die kunsmatige kanaal in die hawestad Busan, waar sy langer as ‘n maand deurgebring het. Amptenare het haar gister deur die uitgang van die […]
# President Cyril Ramaphosa moedig werkgewers aan om jongmense geleentheid te gun om werkservaring op te doen. Hy het op ‘n konferensie oor jeugindiensneming in Sandton, Johannesburg, gesê ‘n gebrek aan ervaring beteken nie ‘n gebrek aan vermoë nie, en moedig ondernemings aan om te let op jongmense se talente en bereidwilligheid om te leer. […]
# President Cyril Ramaphosa vra dringende stappe om struikelblokke uit die weg te ruim wat bydra tot jeugwerkloosheid. Hy het op ‘n konferensie oor jeugindiensneming in Sandton, Johannesburg, gesê baie jongmense bly werkloos al is hul studies voltooi. Ramaphosa het ook die uitdagings beklemtoon waarmee jong entrepreneurs te kampe het, insluitend ‘n gebrek aan befondsing […]