# AfriForum vra die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso, om in te gryp om grondsekerheid te verseker vir boere in die Thembisile Hani-munisipaliteit in Mpumalanga. Vyf-en-sewentig boere beleef ‘n krisis omdat langtermyn-huurkontrakte en eienaarskap nie toegestaan word nie, ondanks dekades van besetting en verbouing. Barend Uys van AfriForum sê die provinsiale departement beweer kontrakte kan nie gesluit word nie, terwyl sommige boere kontrakte het. Hy sê toekenning aan gemeenskaplike eiendomsverenigings bedreig boerdery:
AfriForum vra die minister om in te gryp om grondsekerheid in Mpumalanga te verseker [KLANK]
AFR UysOorPlase