Skip to content

Klopp vra Infantino om as FIFA se president te bedank

# Sokker: Duitsland se afrigter, Jürgen Klopp, het gevra vir ‘n verandering in FIFA se leierskap. Hy sê die organisasie het onder president Gianni Infantino agteruitgegaan vergeleke met die tyd onder sy voorganger, Sepp Blatter. Klopp het die opmerking gemaak voor Duitsland se Nasiesliga-wedstryd teen Nederland. Hy sê die sport het ‘n leier nodig wat die belange van die spel bo finansiële belange stel. Infantino het in 2016 by Blatter oorgeneem en stel homself in Maart volgende jaar weer verkiesbaar. Klopp glo ‘n nuwe president sal beter vaar.