# Soccer: Teenage prodigy JJ Gabriel is reportedly on his way to Spanish giants Real Madrid after posting a farewell message to Manchester United. The 16-year-old asked the English club in September to cancel his registration after never playing a competitive game for the senior team. Sky Sports reports Madrid has an agreement with United […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Munisipale Afbakeningsraad gelas om die afbakeningsproses tussen Ventersdorp en Tlokwe, wat in 2016 saamgesmelt het om die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes te vorm, van voor af te begin. Dit volg nadat die DA verlede jaar die samesmelting in die hof betwis het. Die hof het bevind die proses […]
# Suid-Korea het veiligheidsmaatreëls vir sy universiteitstoelatingseksamen verskerp na grootskaalse eksamenbedrog aan die lig gekom het waarby versteekte kameras en kunsmatige intelligensie betrokke was. Bykans 550-duisend leerders sal na verwagting Donderdag eksamen aflê. Beamptes sal knope, krae en brille nagaan vir versteekte kameras of slimtoestelle, en elektroniese toestelle is verban. Meer as agt-duisend bykomende inspekteurs […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, vra matrieks om veilig fees te vier terwyl die einde van die eindeksamen nader kom. Die laaste vak word volgende Woensdag geskryf. Londt sê jongmense behoort ‘n ouer, voog of veilige volwassene in te lig waar hulle is terwyl hulle partytjies bywoon, noodnommers te onthou, ‘n vriende-stelsel […]
# Vyf mense is dood en 17 baie ernstig beseer in ‘n botsing tussen ‘n minibus-taxi en ‘n ander voertuig naby Marken in Lephalale, Limpopo. Die botsing het in die Waterberg-distrik plaasgevind. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem. Die woordvoerder van die provinsiale Verkeersafdeling, Tshifhiwa Dali, sê voorlopige berigte dui daarop dat een van […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake ontvang vandag ‘n aanlynvoorlegging oor openbare kommentaar rakende die Wetsontwerp op Tradisionele en Khoi-San-leierskap 2026. Die wetsontwerp is in April ingedien nadat ‘n vorige weergawe ongrondwetlik verklaar is weens leemtes in die openbare deelnameproses. Openbare kommentaar oor die jongste wetsontwerp het op 14 Augustus gesluit, […]
# Die N1-snelweg naby die Maraisburg-afrit in Gauteng is steeds in albei rigtings gesluit nadat ‘n brandstoftenkwa gisteraand omgeslaan het. Herstelspanne is besig om brandstof na ‘n ander tenkwa oor te pomp voor die wrak verwyder kan word. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metro-polisie, Xolani Fihla, sê verkeer in die noordelike rigting is by die […]
# Wêreldleiers, insluitend die Amerikaanse en Russiese presidente, Donald Trump en Vladimir Putin, is vanaf môre in China se suidelike tegnologie-spilpunt, Sjenzen, vir die tweedaagse Asië-Stille Oseaan-leiersvergadering. Die groepering van 21 lede, wat meer as 60-persent van die wêreld se bruto binnelandse produk verteenwoordig, het in die verlede vrye handel en multi-lateralisme voorgestaan. Belangrike besprekingspunte […]
# Krieket: Suid-Afrika het sy eerste beurt op 287 vir vier op die derde oggend van die eerste toets teen Bangladesj op die Wanderers hervat. Dit is ‘n agterstand van 113 lopies, met kaptein Temba Bavuma op 19 en Ryan Rickelton op sewe. Marques Ackermann het gister sy eerste toets-honderdtal aangeteken voor hy uitgehaal is […]