# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Munisipale Afbakeningsraad gelas om die afbakeningsproses tussen Ventersdorp en Tlokwe, wat in 2016 saamgesmelt het om die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes te vorm, van voor af te begin. Dit volg nadat die DA verlede jaar die samesmelting in die hof betwis het. Die hof het bevind die proses was onregmatig weens onvoldoende openbare deelname. Theo Venter van die DA verwelkom die uitspraak en beskryf dit as ‘n verligting vir inwoners van Ventersdorp, wat nou die geleentheid sal kry om hul standpunt oor die samesmelting te stel.
Hof gelas hersiening van JB Marks-munisipale samesmelting