# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad sê vertragings met die uitreik van bedryfslisensies plaas finansiële druk op taxi-operateurs en ontwrig openbare vervoer in Gauteng. Die Departement van Vervoer in Gauteng is besig met die hersiening van die lisensiëringstelsel wat daarop gemik is om onreëlmatighede en korrupsie aan te spreek. In ‘n onderhoud met ENCA beweer Graham […]
# Tennis: Goedkoop kaartjies gaan die eerste keer op die Australiese Open beperk word om oorvolheid te voorkom. Die organiseerders sê die Grand Slam-toernooi in Melbourne is in Januarie vanjaar gekenmerk deur lang toue en oorvol paviljoene. Die toewysing van dagpasse, teen 560-rand, sal beperk word vir die eerste week van die toernooi omdat ‘n groter […]
# AfriForum Jeug het die minister van Vervoer, Barbara Creecy, uitgedaag om die leerlinglisensietoets af te lê ná ‘n skerp daling in slaagsyfers onder die nuwe rekenaargebaseerde-toets-stelsel. Hanno Koster van Afriforum sê die stelsel benadeel kandidate onregverdig deur onduidelike of dubbelsinnige vrae. Koster vra ‘n onafhanklike ondersoek na die lae slaagsyfer en bygewerkte studiemateriaal om […]
# Rugby: Less Kiss se termyn as Wallabie-afrigter het op ‘n laagtepunt begin nadat Australië twee van sy drie Nasieskampioenskapstoetse verloor het. Hy het na die toetse by Joe Schmidt oorgeneem. Die Wallabies het tuis teen Ierland en Frankryk verloor voor hulle Italië 57-10 verslaan het, en is tans agste op die wêreldranglys. Kiss het […]
# SECTION27 het die Hooggeregshof in Johannesburg genader om ‘n privaat skool weens minagting van die hof aanspreeklik te hou nadat die skool na bewering nie voldoen het aan ‘n hofbevel wat twee graad 12-leerders beskerm nie. Jonathan West van SECTION27 sê die leerders is weens agterstallige skoolgeld uitgesluit en steeds nie vir hul matriek-eindeksamen […]
# ‘n Studie het bevind klimaatskokke plaas toenemend druk op die landbouverwerkingsektor, wat voedselsekerheid, werkgeleenthede en ekonomiese groei bedreig. ‘n Groep akademiese navorsers sê ondernemings sukkel met watertekorte, stygende temperature en ontwrigte voorraad van grondstowwe. Waterbesparings- en energie-doeltreffende maatreëls is ingestel, maar baie is sonder befondsing en tegniese ondersteuning. Die studie vra klimaatgefokusde opleiding, verbeterde […]
# Suid-Afrika het ‘n lening van 24,78-miljard-rand van die Wêreldbank bekom om hervormings in die land se water-, elektrisiteits- en vragvervoersektor te ondersteun. Dit sal gebruik word om waterinfrastruktuur te versterk, groter beleggings vanuit die privaat sektor aan te moedig en dienslewering aan miljoene huishoudings te verbeter. Dit sal ook ‘n mededingende elektrisiteitsmark ondersteun, en […]
# Sokker: ‘n Stryd dreig tussen die wêreldbeheerliggaam FIFA en die Europese liggaam UEFA oor sekere besluite tydens die Wêreldbeker-toernooi. UEFA se president, Aleksander Ceferin, het bevestig dis hoekom hy geweier het om Sondag se eindstryd by te woon. UEFA is ontsteld oor FIFA se besluit om die Amerikaanse voorspeler Folarin Balogun se skorsing van […]
# Die African Farmers Association of South Africa in KwaZulu-Natal sê suikerrietprodusente aan die provinsie se noordkus het te kampe met ‘n ernstige tekort aan werkers. Die ondervoorsitter, Lloyd Hadebe, het aan die SABC gesê baie buitelandse werkers het boerderygemeenskappe verlaat ná betogings teen ongedokumenteerde migrante. Hy waarsku die tekort vertraag die oes en plaas […]