# ‘n Britse vrou wat in Malawi ontvoer is, is met haar gesin herenig ná ‘n polisie-optrede naby Blantyre. Vier mans het die 47-jarige Nusrat Osman verlede week ontvoer. Die polisie sê die vermeende ontvoerders is dood tydens ‘n skietery gedurende die reddingsoperasie. ‘n Senior polisiebeampte is gewond, maar in ‘n bestendige toestand. Osman is […]
# Drie mense, insluitend ‘n 16-jarige leerder, is dood en agt beseer in ‘n skietvoorval in ‘n hoërskool in die suide van die Filippyne. Twee van die slagoffers was 14-jarige leerders en vier van die beseerdes is in ‘n bedenklike toestand. Die aanval het in die Banga National High School in Suid-Cotabato plaasgevind, waar klasse […]
# Die onafhanklike rubriekskrywer en navorser, Lehumo Sejaphala, sê Suid-Afrika moet die dieper oorsake van geslagsgeweld en vrouemoord aanpak nadat die liggame van nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, gevind is. Hy sê slegs strenger strawwe sal nie die geweld beëindig nie. Sejaphala sê kindertrauma, skadelike opvattings oor manlikheid, armoede, werkloosheid en negatiewe houdings oor geslagsrolle […]
# ’n Studie deur die marknavorsingsmaatskappy Ipsos het aan die lig gebring dat vervoerkoste miljoene mense van geleenthede uitsluit. Ipsos se landbestuurder, Natalie Otte, sê ongeveer 6,9 miljoen mense het werk of onderrig misgeloop omdat hulle nie vervoer kon bekostig nie. Sy waarsku in ’n onderhoud met die SABC dat brandstofpryse die probleem kan vererger, […]
# Die kwartaallikse Verbruikersvertroue-aanwyser wat gesamentlik deur FNB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing gepubliseer word, het tot minus-13 verbeter in die derde kwartaal vanaf Julie tot September. Dis hoër as die minus-19 van die tweede kwartaal tussen April en Junie. FNB se senior ekonoom, Sphamandla Mkhwanazi, sê die verbetering weerspieël meer vertroue in huishoudelike […]
# Rugby: Die opwindende jong veelsydige agterspeler Luan Giliomee gaan na verwagting volgende maand na Pretoria verhuis nadat hy ‘n kontrak met die Bulle gesluit het. Hy is tans nog op kontrak by die Haaie. Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê dit beteken die 19-jarige Suid-Afrikaanse Onder-20-ster, wat heelagter en losskakel kan speel, sal […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering brei behuisingsgeleenthede uit vir Suid-Afrikaners wat nie kwalifiseer vir tradisionele huislenings nie. Sy het op die Nasionale Behuisings-befondingskorporasie se beraad in Boksburg gesê die privaat sektor het tien-miljard-rand beskikbaar gestel. Dit sal oor vyf jaar meer as 800-duisend huishoudings help. Simelane sê die regering […]
# Sestien mense, insluitend vyf polisielede, is dood en meer as 50 beseer in ‘n ontploffing in ‘n moskee in Noordwes-Pakistan. Die ontploffing het tydens Vrydag-gebede plaasgevind naby ‘n polisieterrein in Kohat. ‘n Voertuig vol plofstof was vermoedelik by die aanval betrokke, hoewel die oorsaak nog nie amptelik bevestig is nie. Reddingspanne deursoek steeds die […]
# Die regsverteenwoordiger van Victor Majola, wat aangekla word van beplanning van die moord op Warrick “DJ Warras” Stock, het hom weens onbetaalde gelde onttrek. Advokaat Piet du Plessis het aan die Hooggeregshof in Johannesburg gesê dat sy firma nie die nodige finansiële steun het om voort te gaan om Majola te verteenwoordig nie. Majola […]