# SANParke in vennootskap met die Railton-stigting, het ‘n Vergroening- en Voedselsekerheidsprogram in Swellendam in die Wes-Kaap begin. Die program het ten doel om voedselsekerheid te verbeter en ‘n volhoubare voortbestaan te skep deur gemeenskaps-voedselproduksie, vaardigheidsontwikkeling en plaaslike ekonomiese geleenthede. SANParke het ‘n kweekhuis, besproeiingsinfrastruktuur, tuinmaakgereedskap en ander toerusting verskaf. JP Louw van SANParke sê […]
# Die Stad Kaapstad bied ‘n beleggingsverbindingskonferensie aan by Century City om bekostigbare behuisingslewering te versnel en privaatsektorbeleggings te lok. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, het aan die SABC gesê die stygende bevolking maak behuising ‘n toenemend dringende behoefte. Die konferensie bespreek die ontsluiting van munisipale grond, die stroomlyning van ontwikkelingsregulasies, en die […]
# Die DA sê ‘n kontrak van 197-miljoen-rand vir Gauteng Verkeer se lugvleuel het die verkrygingsreëls oortree, met 156,4-miljoen-rand wat reeds betaal is. Die DA-lid, Michael Sun, sê vier amptenare word by die saak betrek, maar niemand is nog geskors of gestraf nie. Hy sê die kontrak met Simunye Air Charter is in Januarie beëindig […]
# Die Stad Johannesburg sê die Johannesburg Internasionale Vervoerwisselaar sal na verwagting voor die einde van 2026 in werking tree. Die woordvoerder van die stad, Virgil James, sê die tender vir ‘n bestuursdiensverskaffer is afgehandel, en ‘n 60-dae openbare deelnameproses word kragtens die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur vereis. Hy sê die fasiliteit sal 169 […]
# Die SPAR-groep het aangekondig sy onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter, Mike Bosman, en ondervoorsitter Shirley Zinn het met onmiddellike ingang uit die raad bedank. Bosman was sedert Desember 2022 die voorsitter en Zinn het in 2023 aangesluit. ‘n Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die Risikokomitee, Lwazi Koyana, is aangestel as tussentydse voorsitter. SPAR sê sy […]
# Die TV-persoonlikheid en prokureur wat van die rol geskrap is, Peet Viljoen, is borgtog geweier in ‘n bedrogsaak van miljoene rand. Hy het vanoggend in die Pretoriase Handelsmisdaadhof verskyn, waar besluit is hy word as ‘n vlugrisiko beskou. Viljoen staan tereg op meer as 400 aanklagte, insluitend bedrog en korrupsie wat verband hou met […]
# Die African Farmers’ Association of South Africa is bekommerd oor die regering se ondersteuning vir swart boere wat deur die grondhervormingsproses bevoordeel is. Die voorsitter van Afasa se grondhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê sekere boere het nog nie titelaktes ontvang nie, wat hulle verhinder om hul grond as sekerheid vir banklenings te gebruik. Van die […]
# Iran announced two French embassy employees involved in a diplomatic dispute last month would not be allowed to return to the country. Foreign Ministry spokesman Esmaeil Baghaei says the two had violated the Vienna Convention, which defines the rules and privileges of diplomatic missions, by engaging in activities supporting Iranian civil society. French Foreign […]
# Rugby: Die Bulle will blybaar hulle haker-moontlikhede versterk deur die Springbok-veteraan Malcolm Marx uit Japan terug te lok. Die Pretoriase span praat met Kubota Spears, by wie hy in 2021 aangesluit het en glo gretig is om sy dienste te behou. Rapport berig die 32-jarige Marx oorweeg dit sterk om huis toe te kom, […]