# Krieket: Die Proteas se top-snelbouler, Kagiso Rabada, sal al die tyd kry wat nodig is om sy fiksheid te bewys vir die eerste toets teen Australië wat Vrydag in Durban begin. ‘n Besering het hom uit die eendagreeks tussen die twee lande gehou, maar hy het ‘n tweedaagse wedstryd tussen spanlede sonder probleme voltooi. Assistent-afrigter Ashwell Prince sê die 31-jarige het goed geboul en sal voortgaan om aan oefensessies deel te neem. Die tweede toets begin op die 18de in Gqeberha en die laaste een op die 27ste in Kaapstad.
Krieket: Rabada sal genoeg tyd kry om sy fiksheid te bewys voor eerste toets