# Die sekuriteitsontleder Andy Mashaile sê die ontdekking van ‘n vermoedelike Mandrax-laboratorium ter waarde van miljoene rande naby Hartbeespoortdam in Noordwes laat kommer ontstaan oor Suid-Afrika wat as ‘n toegangklike basis deur internasionale dwelmvervaardigers beskou word. Die polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem ná gister se klopjag. Mashaile sê leemtes in die strafregstelsel skep ’n ruimte wat dwelmvervaardigers toelaat om ongehinderd op te tree. Hy vra vir die inhegtenisneming van die meesterbreine, strenger wette en strawwer gevolge in die stryd teen dwelms.
Ontdekking van dwemlaboratorium wek kommer oor Suid-Afrika as basis vir internasionale dwelmvervaardigers