Skip to content

Sassa doen ’n beroep op begunstigdes om gereelde veranderinge van bank te vermy [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid waarsku begunstigdes teen onnodige of gereelde veranderinge aan betaalmetodes. Die woordvoerder, Andile Tshona sê herhaaldelike veranderinge kan toelaes in gevaar stel en lei tot vertragings en betalings wat teruggestuur word weens foute of onbevestigde rekeninge. Hy sê bestendige bankverhoudings help om ononderbroke betalings te verseker en ontwikkel ‘n bankgeskiedenis. Hy waarsku ‘n verandering van bank hef nie kontraktuele verpligtinge teenoor kredietverskaffers op nie en hy doen ‘n beroep op begunstigdes om finansiële advies in te win:

ENG TshonaOnChanges