# Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê Iran moet sy uraanverrykingsvermoëns betekenisvol verminder om aan Amerika se eise te voldoen en die oorlog te beëindig. Hy sê Washington wil noemenswaardige optrede sien eerder as beloftes. Vance bevraagteken waarom Teheran uraan nodig het wat tot 60-persent verryk is, indien hy nie van plan is om ‘n kernwapen te bou nie. Iran en Amerika het onderhandel oor voorstelle om die konflik te beëindig en die Seestraat van Hormoes te heropen, maar president Donald Trump het Teheran se jongste aanbod verwerp.
Vance sê Iran moet sy uraanverryking verminder om die oorlog te beëindig