# Eskom sê die nasionale kragstelsel bly bestendig en kan in die stygende winter-elektrisiteitsaanvraag voorsien, danksy deur verbeterde opwekkingsprestasie en minder onbeplande onderbrekings. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokwena, het bevestig dat krag na meer as 964-duisend huishoudings herstel is deur sy program om lasvermindering uit te skakel. Sy sê dieselbesteding het met meer as […]
# Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, beplan ‘n tweedaagse beraad oor migrasievraagstukke. Lesufi het wetstoepassingsagentskappe by die SAPD se Operasionele Gereedheidsparade toegespreek en die provinsie se gereedheid vir die beplande betogings op 30 Junie bevestig. Lesufi sê die polisie het ‘n duidelike operasionele plan om wet en orde te handhaaf, en sal geen genade toon […]
# Sokker: Kaap Verde het Wêreldbeker-geskiedenis gemaak, na ‘n gelykopuitslag van nul-elk teen Saoedi-Arabië in Houston. Die uitslag het verseker dat die Wêreldbeker-nuwelinge as naaswenner in Groep na die Ronde van 32 deurdring as die kleinste nasie om ooit die uitklopfases te bereik. Saoedi-Arabië en Uruguay is nou amptelik uitgeskakel. Kaap Verde kom op 3 […]
# Tshepo Madlingozi van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die kommmie gaan ‘n memorandum wat deur die Vatsonga Machangani-gemeenskap ingedien is, oorweeg na ‘n optog in Johannesburg teen stamgebondenheid en xenofobie. Betogers sê Tsonga-sprekende Suid-Afrikaners word tydens betogings teen migrante geteister, geëtiketteer en as immigrante aangesien. Die memorandum vra sterker beskerming van landsburgers en strenger optrede […]
# Business Against Crime South Africa sê meer as 500 van sy lidmaatskappye lewer uitgebreide hulpbronne ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voor die beplande betogings op 30 Junie. Dit sluit in helikopters, hommeltuie, geslotekring-televisienetwerke, gewapende reaksievoertuie, ambulanse en mediese spanne om die SAPD se operasionele kapasiteit te versterk. Die organisasie sê die inisiatief is […]
# Soccer: Cape Verde made World Cup history by drawing 0-0 against Saudi Arabia in Houston overnight. The hard-fought stalemate ensured the World Cup debutants advanced to the Round of 32 as Group H runners-up, becoming the smallest nation ever to reach the knockout stages. The result officially eliminated Saudi Arabia and Uruguay. Cape Verde […]
# Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa gevra om dringend onsekerheid oor leierskap in die ministerie van Polisie op te los. Die organisasie sê belastingbetalers dra die koste van oorvleuelende leierskap. FOSA sê die skorsing van Senzo Mchunu duur nou te lank en eis ‘n permanente besluit oor Firoz Cachalia se aanstelling. […]
# Honderde Malawiese burgers is buite die tydelike transito-terrein by die ou Durban Inryteater in North Beach, KwaZulu-Natal, met die hoop om voor Dinsdag huis toe te gaan. Die kom op die vooraand van beplande betogings teen onwettige immigrasie wat eis dat ongedokumenteerde buitelandse burgers Suid-Afrika moet verlaat. Amptenare gaan voort met die verwerking van […]
# Motorsport: Die Mercedes-nuweling Kimi Antonelli het gister se oefensessies by die Oostenrykse Grand Prix in Spielberg oorheers en albei gewen. Antonelli het die tweede oefensessie in ‘n blitsige tyd voltooi en ver gewen. McLaren was ook goed op dreef met Oscar Piastri en Lando Norris in die tweede en derde plekke. Max Verstappen het […]