# Wetenskaplikes het ‘n nuwe wildekatspesie in Bolivia geïdentifiseer – die eerste lewende katspesie wat in meer as ‘n eeu formeel beskryf is. Die klein gespikkelde kat, wat as die “Tilcayo” bekend staan, leef in die Yungas-oerwoud waar die Andesgebergte en die Amasone-reënwoud mekaar ontmoet. Dit is kleiner as ‘n gemiddelde huiskat en weeg ongeveer […]
# Build One South Africa sê sy voorgestelde wetsontwerp oor billike vergoeding sal werkgewers verbied om werksaansoekers oor hul salarisgeskiedenis uit te vra wanneer daar besluit word watter vergoeding hulle moet ontvang. Graham Charters van BOSA sê die wetsontwerp sal werknemers ook die reg gee om hul vergoeding en salarisaanbiedinge met kollegas te bespreek. Charters […]
# Eskom sê sy opwekkingsvermoë verbeter steeds, met ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van 68-persent vir die boekjaar tot dusver, die hoogste vlak in ses jaar. Volgens die maatskappy het onbeplande kragonderbrekings afgeneem, terwyl sowat ses-duisend-200-megawatt se opwekkingskapasiteit ppr die afgelope drie jaar weer by die kragnetwerk gevoeg is. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê diesel-uitgawesl het ook met vyf-miljard-rand […]
# Die Amerikaanse minister van Gesondheid, Robert F. Kennedy Junior, het aktiviste wat krities is oor entstowwe verseker hul het ‘n “sterk en standvastige bondgenoot” in president Donald Trump en die Withuis. Kennedy het die opmerkings gemaak op ‘n konferensie van Children’s Health Defense, ‘n groep wat hy voorheen gelei het wat hom beywer vir […]
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op groter samewerking tussen die provinsiale regering, die polisie, gemeenskappe en die burgerlike samelewing om geweld teen vroue aan te spreek. Die party glo die fokus moet daarop wees om diegene wat verantwoordelik is vir die moorde op vroue in Ekurhuleni op te spoor, polisiëring en forensiese […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, sê baie regeringsprosesse word gedryf deur nakoming eerder as deur die waarde wat dit beoog om te lewer. Fikeni het voor die Madlanga-kommissie gesê finansiële openbaarmakings word dikwels slegs as ‘n nakomingsoefening beskou. Hy sê die openbaarmaking van bates moet fokus op deursigtigheid en aanspreeklikheid, in […]
# Die verpleegkunde-organisasie DENOSA doen ‘n beroep op groter sigbaarheid van die polisie in Gauteng ná die ontdekking van verskeie vroue liggame in Ekurhuleni in die afgelope twee maande. Die organisasie sê die moorde veroorsaak vrees onder verpleegkundiges, van wie talle vroeg in die oggend en laat in die dag van openbare vervoer gebruik maak. […]
# Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal bly op hoë gereedheidsgrondslag te midde van ‘n vlak 6-weerwaarskuwing langs die kus. Swaar reën het geringe modderstortings in Tshelimnyama veroorsaak wat drie gesinne geraak het, terwyl klippe op die R33 in Umsinga geval het. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en […]
# Die Verenigde Nasies in Suid-Afrika sê hy is diep besorg oor die onlangse moorde op verskeie vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Die VN het gevra vir ‘n spoedige en deeglike ondersoek en vra die skuldiges moet aanspreeklik gehou word. Daar word ook gevra vir strenger maatreëls om geweld te voorkom, vroue te beskerm en toegang […]