# Die Vryemarkstigting sê die BELA-wet verskuif eerder skoolbeheer-probleme as om dit op te los. In ‘n beleidsvoorstel wat vanoggend gepubliseer is, voer die stigting aan die Wet verbreed provinsiale beheer oor toelatings- en taalbeleide sonder om die onderliggende spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente reg te stel. Ayanda Sakhile Zulu van die stigting sê […]
# Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat beamptes van die Taktiese Reaksie-eenheid van die Johannesburgse Metropolisie gister onwettige vuurwapens in Lufhereng, Gauteng, onderskep het. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes het reageer op inligting oor ‘n vuurwapentransaksie wat met ‘n voertuig verbind was en die voertuig afgetrek. Die polisie het ‘n geweer met ‘n magasyn, […]
# Die saak oor die beweerde diefstal van edelstene teen die geskorsde adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, is tot 18 September uitgestel. Mkhwanazi, Kgomotso Makhubo, Adrian Mackenzie en Keisha Stols, het vanoggend in die Johannesburgse Landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van die diefstal van edelstene ter waarde van 14-miljoen-rand. Mkhwanazi het na bewering […]
# Rugby: Die veelsydige agterspeler Suleiman Hartzenberg gaan vir die volgende seisoen van die Stormers na die Haaie verskuif. Die 23-jarige, wat vleuel en senter kan speel, word aan die Haaie geleen tot Junie volgende jaar. Hy speel sedert 2022 in Kaapstad, maar het min wedstryd-tyd gekry. Die gewese Junior Springbok het Suid-Afrika-A ook in […]
# Rugby: Die Stad Johannesburg en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika sê hulle is gereed om ondersteuners op Ellispark te verwelkom vir vanaand se wedstryd tussen die Leeus en Nieu-Seeland. Die Springbokke en Nieu-Seeland het die naweek die eerste toets op dieselfde stadion gespeel. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsontwikkeling, Thapelo Amad, sê die Ellispark-omgewing is belangrik en […]
# Dis Geldslim-week en die tema is: Geldslim: Die Krag van Moontlikheid. Die onafhanklike digitale kredietverskaffer Prime Loans sê dis uiters belangrik dat finansiële opvoeding verder strek as om verbruikers te leer om geld te bestuur. Uitvoerende hoof Nita Morgan sê die Ou Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor 2026 toon die persentasie werkende Suid-Afrikaners wat geld […]
# Padwedlope: Die Comrades-marathon-vereniging sê alle opkikkertoetse in vanjaar se wedloop was negatief. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Opkikkervrye Sport het bevestig geen van die getoetste atlete het positief getoets nie, wat die weg baan dat die agt-miljoen-rand se prysgeld uitbetaal kan word. Gouemedaljes sal aan die voorste tien mans- en vroue-atlete uitgedeel word. Die wenners, […]
# Verskeie Johannesburgse voorstede ondervind droë krane na ‘n kragonderbreking by Rand Water se Eikenhof-pompstasie. Johannesburg Water sê die pomp van water is gister herstel, maar die toevoer is nog nie op volle vermoë nie. Voorstede wat geraak word, sluit in Randburg, Roodepoort en Crown Gardens, en die Commando-stelsel wat Brixton, Hursthill en Crosby bedien. […]
# Die musiekkenner Shelon Leal sê dit is nou 44 jaar sedert die kompakskyf die manier verander het waarop die wêreld na musiek luister. Hy het aan Radio 702 gesê toe die kompaskyf in 1982 sy verskyning gemaak het, het sy bekostigbaarheid en duursaamheid dit meer gewild gewild gemaak as langspeelplate en magneetband, en dit […]