# Die voorsitter van Artists United, Eugene Mthethwa, sê hulle is vol vertroue die moordenaars van Owen Ndlovu sal in hegtenis geneem word. Ndlovu, ‘n voormalige omroeper en aktivis vir musiekregte, se liggaam is met skietwonde in Thokoza gevind. Hy is na bewering in Katlehong, Gauteng, ontvoer nadat hy sy vrou by ‘n kerkdiens gaan […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het tydens ‘n vergadering met Japan se premier, Sanae Takaichi, kommer uitgespreek oor die swak jen. Volgens Japan se minister van Finansies, Satsuki Katayama, het Takaichi gesê ‘n ondergewaardeerde jen is problematies. Die twee leiers het ontmoet tyden die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Katayama sê hulle het ‘n […]
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het Siphamandla Mthethwa van begin November aangestel as sy nuwe uitvoerende hoof. Hy keer terug nadat hy tydens die Covid-19-pandemie as finansiële hoof gedien het. Mthethwa is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en beskik oor ervaring in korporatiewe finansies, tesourie- en risikobestuur. Die maatskappy se raad sê in ‘n verklaring Mthethwa keer […]
# Statistiek Suid-Afrika sê siviele skuldgevalle het in die drie maande tot Julie toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 3,9-persent gestyg, terwyl siviele vonnisse met 7,6-persent toegeneem het. Vhonani Kwinda van Stats SA sê die syfers dui op voortdurende druk op verbruikers wat […]
# Die verpleegvakbond DENOSA het sy president, Simon Hlungwani, gelukgewens nadat hy as vise-president van die Statebond-federasie vir Verpleegkundiges en Vroedvroue verkies is. Hlungwani is tydens die federasie se 27ste tweejaarlikse vergadering in Nieu-Delhi, Indië, verkies. DENOSA-woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê die federasie beïnvloed gesondheidsbeleid en ontwikkel verpleeg- en vroedvrou-vermoëns in sy 53 Statebond-lidlande:
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Nywerheidsgasverbruikers vra vir die ontwikkeling van alternatiewe vloeibare aardgas-infrastruktuur met die land wat reeds ‘n gastekort beleef. Die vereniging se uitvoerende hoof, Jaco Human, waarsku nywerheidsverbruikers kan later in die dekade minder voorraad uit Mosambiek ontvang. Meer as 300 nywerheidsgasverbruikers in Gauteng en Mpumalanga kan tekorte ondervind, namate Sasol sy […]
# Die akteurs Susan Sarandon en Hannah Einbinder was onder meer as 100 mense wat gister deur die polisie in New York aangehou is tydens ‘n betoging buite die Verenigde Nasies. Die betoging, wat deur die Jewish Voice for Peace, gereël is,het beswaar gemaak teen die besoek van die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu en […]
# Old Mutual’s OM Bank, launched in August last year, is on track to sign up one million clients by the end of this month. Old Mutual’s decision to launch the bank renews its rivalry with fellow insurer Sanlam, who received approval to provide transactional banking services in partnership with GoTyme Bank by the first […]
# Rugby: Joseph Suaalii sal op linkervleuel vir die Wallabies uitdraf in Sondag se toets teen die Springbokke in Perth nadat hy sy vorige 24 toetse op senter gespeel het. Afrigter Les Kiss het hom blykbaar verskuif omdat sy vermoë onder die hoë bal beter benut kan word in die nommer 11-trui. Max Jordensen begin […]