Skip to content

Sonke eis optrede teen geslagsgeweld in godsdiens-instellings

# Sonke Gender Justice waarsku kerke daarteen om bewerings van seksuele mishandeling te verdoesel ten einde hul reputasies te beskerm. Die organisasie sê bewerings van misdrywe deur godsdiensleiers moet by die polisie aangemeld word en nie slegs deur die kerke self hanteer word nie. Hy doen ook ‘n beroep op duidelike beleide om mishandeling te voorkom, onafhanklike kanale vir die indiening van klagtes, en optrede teen godsdiensleiers wat aan wangedrag skuldig bevind word. Sonke vra staatsdepartemente en toesighoudende liggame vir ‘n hersiening van die wyse waarop die godsdienssektor seksuele mishandeling, sowel as geslagsgeweld en vrouemoord behartig.