# Standard Bank het die tien finaliste vir sy Nasionale Kasi-kleinsakekompetisie aangekondig. Hulle sal môre tydens die Kasi-kleinsakeberaad in Gqeberha meeding om die groot prys van ‘n miljoen-rand. Die groep bestaan uit nege provinsiale wenners en een deelnemer wat die publiek aangewys het. Die entrepreneurs werk in verskeie bedrywe, insluitend landbou, gesondheidsorg, vervaardiging en bouwerk. […]
# Tennis: Die Switserse legende Roger Federer het ‘n suksesvolle terugkeer gemaak na Flushing Meadows in New York tydens vertoonwedstryde tussen gewese kampioene voor die Amerikaanse Ope. Die 45-jarige Federer het eers vir Andy Roddick in ‘n enkelspelwedstryd geklop voor hy en John McEnroe vir Roddick en nog ‘n Amerikaner, Andre Agassi, in ‘n dubbelspelwedstryd […]
# ‘n Polisiekaptein wat die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa, ondersoek, is vanoggend dood tydens ‘n skietgeveg. Die offisier van die Taktiese Reaksiespan is verlede week na die Wes-Kaapse dorp ontplooi na die moord op Tsengwa en nog twee ANC-politici, Mandla Matiwane en Mandla Tyololo. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die beampte […]
# Die Sentrum vir Menseregte in Iran veroordeel Teheran se voorgestelde wetgewing om kontak en onderhoude met buitelandse media strafbaar te maak. Dit volg te midde van wyer staats-optrede teen die deel van inligting met die buiteland. Die wetgewing kan daartoe lei dat oortreders tussen ses maande en twee jaar tronkstraf opgelê word. Die sentrum […]
# Sewentien verdagtes wat verbind word met ‘n kapingsindikaat is in Orange Farm in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê beamptes het reageer nadat inligting ontvang is oor ‘n vragmotor wat op die N1 geteiken is vir kaping. Lede van die sindikaat is op ‘n kleinhoewe in Rietfontein onderskep waar […]
# Die Stad Tshwane se Energie- en Elektrisiteitsafdeling en Eskom waarsku oor ‘n kragonderbreking in dele van Soshanguve tot twee-uur vanmiddag. Die onderbreking is om belangrike toetse te doen by die opgeknapte Buffel-invoersubstasie. Eskom en die metro is tans besig met belangrike tegniese werk om seker te maak die stasie werk. Die stad se woordvoerder, […]
# South Africa’s Air Traffic and Navigation Services is facing a critical skills crisis due to an exodus of experienced air traffic controllers who are being poached by international competitors. ATNS says aggressive headhunting from countries like the United Arab Emirates and Australia has left key operations severely understaffed. The approach control unit at OR […]
# Die DA vra ‘n breër ondersoek na korrupsie by Emfuleni Munisipaliteit nadat vyf werknemers in hegtenis geneem is oor bewerings van bedrog, diefstal en peuter met noodsaaklike infrastruktuur. Kingsol Chabalala van die DA sê die polisie beweer die verdagtes het hulle as amptenare voorgedoen om elektrisiteit aan te sluit, en toe die fooie in […]
# Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, vra gemeenskappe om infrastruktuur te beskerm en vir dienste te betaal. Dit volg terwyl die regering sy samewerking met die privaat sektor voortsit om infrastruktuurontwikkeling in die land te verbeter. Zikalala het tydens die simposium oor volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad aan die SABC gesê gedeelde […]