Skip to content

DA sê Tshwane se inwoners verdrink in riool terwyl vleiland besmet word [KLANK]

# Die DA vra die Stad Tshwane om rioollekkasies in Chantelle, The Orchards, dringend te herstel. Woordvoerder Leanne de Jager sê rou riool loop oor in ‘n vleiland langs ‘n kleuterskool en huise, ondanks herhaaldelike aanmelding deur inwoners. Sy sê inwoners kla oor ‘n oorweldigende stank, asook slange en knaagdiere wat deur die besoedeling gelok word. De Jager het bygevoeg die onbehandelde oorloop hou ernstige gesondheidsgevare in, veral vir jong kinders:

AFR DeJagerOnContamination