Skip to content

DA sê inwoners van Emfuleni verdien beter munisipale dienste

# Die DA in Gauteng sê die Emfuleni-munisipaliteit moet optree teen korrupsie en wanbestuur. Die party het gister ‘n protesoptog na die munisipaliteit gehou en ‘n memorandum oorhandig waarin daar aangedring word op aanspreeklikheid oor beweerde onreëlmatighede met die verkryging van munisipale voertuie, moontlike nepotisme by aanstellings en swak dienslewering. Kingsol Chabalala van die DA sê die munisipaliteit moet billike aanstellings verseker, gekwalifiseerde personeel aanstel en optree teen diegene wat vir korrupsie en wanbestuur verantwoordelik is. Chabalala het bygevoeg inwoners verdien beter dienste en ‘n plaaslike regering wat aanspreeklik gehou kan word.