Skip to content

Wes-Kaapse regering vorder met herstelwerk aan paaie naby George wat deur oorstromings beskadig is

# Die Wes-Kaapse regering sê goeie vordering word gemaak met ‘n projek van 74-miljoen-rand om vloedskade aan die Sewe Passe-pad naby George en ander paaie in die omgewing, insluitend Wittedrif naby Plettenbergbaai, te herstel. Die werk behels die vervanging van beskadigde dreineringspype en spoelbrûe, en die verbetering van dreinering. Na verwagting sal die projek teen Maart volgende jaar voltooi wees. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers sê die projek het 92 werksgeleenthede geskep, met nog meer plaaslike ondernemings wat by die herstelwerk baat vind.