# Die DA se burgemeesterskandidaat in Emfuleni, Solomon Chabalala, sê die inhegtenisneming van sewe werknemers wat inwoners glo laat betaal vir onwettige heraansluitings, beklemtoon diepgewortelde korrupsie. Hy het aan Newzroom Afrika gesê daar is ‘n gebrek aan politieke wil om die Gautengse owerheid reg te ruk, aangesien swak gevolgsbestuur en onvoldoende interne beheermaatreëls werknemers toelaat […]
# Business Leadership South Africa sê ‘n regering verbind tot hervorming en die skepping van ‘n pro-groei-beleidsomgewing, tesame met ‘n sakevennoot verbind tot suksesvolle inwerkingstelling, sal waarskynlik lei tot meer belegging. President Cyril Ramaphosa het verlede week fase-3 van die vennootskap tussen die regering en die sakewêreld bekendgestel, gemik daarop om die bruto binnelandse produk […]
# Suid-Soedan se president, Salva Kiir, is in Suid-Afrika vir ‘n amptelike besoek en sal na verwagting hoëvlak-gesprekke met president Cyril Ramaphosa voer. Ramaphosa is voorsitter van die Afrika-Unie se ad hoc-komitee oor Suid-Soedan. Die gesprekke vind plaas te midde van toenemende kommer oor die uitvoer van Suid-Soedan se hersiene vredesooreenkoms voor die verkiesing later […]
# ‘n Getuienisleier van die Madlanga-kommissie, Alida Hassim, sê die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se regspan het oorgenoeg tyd gehad om sy beëdigde verklaring in te dien. Sy het aangevoer die beëdigde verklaring moes Vrydag ingedien word ingevolge ‘n opdrag wat voorsitter Mbuyiseli Madlanga vroeër uitgereik het. Hassim sê Matlala se regspan het sedert Maart geweet […]
# Tennis: Die sterbelaaide Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspeltoernooi begin môre op Flushing Meadows in New York. Onder die spanne is die Spanjaard Carlos Alcaraz en die Amerikaner Serena Williams, wat saam 44 Grand Slam-enkel- en -dubbeltitels ingepalm het; die Italianers Andrea Vavassori en Sara Errani, die vroue-wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, en die 24-malige […]
# Norway’s Energy minister, Terje Aasland, says the country will continue developing its oil and gas resources in the Barents Sea regardless of the European Union’s support for a moratorium on Arctic hydrocarbon supplies. Norway has become Europe’s largest supplier of natural gas following Russia’s 2022 invasion of Ukraine, meeting around 30-percent of gas demand […]
# Die kantoor van die hoofregter waarsku teen ‘n bedrieër wat hom voordoen as waarnemende regter-president Zamani Nhlangulela van die Oos-Kaapse afdeling. Die regbank sê hy is bewus van WhatsApp-boodskappe wat gestuur is met behulp van Nhlangulela se profielfoto en ‘n selfoonnommer wat in sy naam geregistreer is om mense te mislei. Die kantoor waarsku […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geringe veranderings aan die span gemaak vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad na hulle die eerste toets teen die aartsvyand op Ellispark 33-16 verloor het. Siya Kolisi sal terugkeer as hy fiks is, andersins behou Paul de Villiers die nommer-ses trui. Handré Pollard en […]
# Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, gaan ‘n nuwe wetsontwerp in die Parlement indien wat voorstel dat onder-16s verbied word op sosiale mediaplatforms. Wetsontwerpe moet drie stemrondes slaag voor dit bekragtig kan word. Australië het verlede jaar die eerste land geword om toegang tot sosiale media vir onder-16s te verbied. Luxon sê sosiale media […]