Skip to content

Krieket: Australië wen eerste toets teen Suid-Afrika met 214 lopies

# Krieket: Die aanvangskolwer Aiden Markram se alleenstryd was tevergeefs en Australië het die eerste toets teen die Proteas in Durban met 214 lopies gewen. Suid-Afrika het op die laaste dag op 102 vir vier hervat onderweg na ‘n onmoontlike teiken van 422. Markram is uiteindelik vir 75 uitgevang en die Proteas vir 206 uitgeboul. Australië het gister sy tweede beurt op 314 vir ses gesluit na ‘n eerstebeurt-voorsprong van 106 lopies. Die voorlaaste toets begin Sondag in Gqeberha en die laaste een die 27ste in Kaapstad.