# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent verhoog, weens hoër brandstofpryse en toenemende inflasierisiko’s. Die besluit was eenparig en het die uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg. Die president van die bank, Lesetja Kganyago het aan die media gesê inflasie sal na verwagting later vanjaar en vroeg volgende jaar tot bo […]
# Biskop Azwihangwi Maumela het om verskoning gevra en opmerkings teruggetrek wat hy gemaak het na die geskorste adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya se hofverskyning vir seksuele oortredings. Maumela sê hy het oor sy opmerkings besin en aanvaar dat hy die saak met groter sensitiwiteit moes hanteer het, veral omdat ‘n minderjarige betrokke is. Maumela het bewerings […]
# Die DA sê Gauteng se pogings om lugbesoedeling te bekamp, word belemmer deur personeeltekorte, beperkte befondsing en verouderde infrastruktuur. Volgens die party is slegs drie van Tshwane se 13 goedgekeurde poste vir luggehaltebeheer gevul, terwyl Johannesburg en Ekurhuleni ook probleme met moniteringstoerusting en instandhouding ervaar. Jade Miller van die DA sê swak afvalverwydering en […]
# Suid-Afrika se jaarlikse voedselprysinflasie het vir die eerste keer in nege maande toegeneem, hoewel dit steeds relatief laag bly. Statistiek Suid-Afrika sê voedselprysinflasie het van 0,9-persent in Julie tot 1,1-persent in Augustus gestyg. Algehele inflasie het ook effens toegeneem van 4,3-persent tot 4,4-persent. Kerninflasie, wat brandstof-, voedsel- en elektrisiteitspryse uitsluit, het egter effens verbeter […]
# Die Franse president, Emmanuel Macron, kritiseer die Amerikaanse president, Donald Trump, se bewerings dat hy vrede in Gaza bewerkstellig het en sê die situasie is steeds ‘n skandvlek vir die wêreld. Macron het tydens die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gesê nie ‘n enkele humanitêre deurgang in Gaza is heropen sedert Trump aangekondig het […]
# Pous Leo die Veertiende vra die wêreld om migrante- en vlugtelingkinders te beskerm teen geweld, uitbuiting en trauma. Die pous het vandag tydens sy weeklikse toespraak op Sint Pietersplein gesê kinders wat hul lande verlaat op soek na veiligheid, moet altyd beskerm en bygestaan word. Hy het dit bepleit in aanloop tot die Katolieke […]
# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Nakedi Kekana, vra padgebruikers om versigtig te wees, aangesien verkeersvolumes na verwagting vanaf môre tot Maandag in die skoolvakansie sal toeneem. Kekana se woordvoerder, Dali Tshifhiwa, sê die provinsie bied die St Engenas ZCC-pelgrimstog op Moria en die Phalaphala FM-koninklike erfenisfees in Vhembe aan. Hy sê […]
# Die voedsel- en drankmaatskappy, PepsiCo, het bevestig die ikoniese graankos ProNutro gaan na 64 jaar nie langer in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die besluit volg na ‘n terugslag vroeër vanjaar toe die maatskappy die oorspronklike produk vervang het met ‘n nuwe weergawe waarvan die smaak, tekstuur en reuk deur baie verbruikers gekritiseer is. PepsiCo […]
# ‘n Sakeman van Limpopo word van ernstige oortredings aangekla nadat hy vandag in die Landdroshof in Polokwane verskyn het. Die eienaar van die Limpopo-anti-dwelmsentrum, Tsebe Moloto, is uit op borgtog van 50-duisend-rand in ‘n saak van kwaadwillige saakbeskadiging. Die staat het aanklagte van brandstigting, betreding en vyf van poging tot moord bygevoeg. Moloto word […]