# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid gaan vandag politieke verkiesingsuitsaai-gleuwe toeken in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Dit word gedoen om billike toegang tot die uitsaai-lugruim te verseker. Die toewysing volg op die ontvangs van die finale kandidatelys van die Verkiesingskommissie en sal geskied ingevolge die Uitsaairegulasies vir Munisipale Verkiesings. Die politieke uitsendings […]
# Suid-Afrika het geskiedenis gemaak deur ‘n silwermedalje in vliegtuig-onderhoud te verower op die Wêreldvaardigheids-kompetisie in Sjanghai, China. Nege-en-twintig studente het die land in 27 vaardigheidsvelde verteenwoordig en meegeding teen ongeveer een-uisend-400 jong beroepslui uit meer as 90 lande. Die kompetisie bevorder uitnemendheid in tegniese en beroepsonderwys en -opleiding. Span Suid-Afrika, bygestaan deur senior amptenare, […]
# Pous Leo het mediese bystand met selfdood as vals deernis veroordeel tydens ‘n besoek aan Lourdes in Frankryk. Hy het tydens ‘n mis aan sowat 150-duisend mense gesê mense wat met ernstige siekte en pyn leef, het ‘n inherente waardigheid wat respekteer moet word. Leo sê wette moet nie daardie waardigheid verwyder nie, en […]
# Krieket: Die ervare Protea-kolwer David Miller verkies die nommer vyf-kolfposisie, maar sal speel waar hy benodig word. Hy het net nege lopies aangeteken in die eerste eendagwedstryd teen Australië in Durban, maar gister in die tweede kragmeting op die Wanderers ‘n blitsige 142 van slegs 93 balle aangeteken en Suid-Afrika gehelp om sy sesde […]
# Die United Democratic Movement het die Departement van Basiese Onderwys se 2026 nasionale katalogus vir die grondslagfase verwelkom en gesê dit kan leesuitkomste vir graad een tot drie versterk. UDM-voorsitter Yongama Zigebe sê die verhoging van die aantal leesboeke van 12 na 40 per klas, met ‘n kernleesboek vir elke leerder, is ‘n betekenisvolle […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die skietery by ‘n taverne in Wedela, Carletonville, veroordeel. Die voorval het Saterdagaand die lewens van 17 mense geëis terwyl 15 gewond is. Volgens voorlopige berigte het agt gewapende mans op kliënte binne en buite die perseel losgebrand. Vyf mense is buite doodgeskiet en 12 binne. Volgens […]
# Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassadegeboue en ander buitelandse bates op 830-miljoen-rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat oor ‘n tydperk van drie jaar saamgestel is, […]
# Forum for South Africa verwelkom die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, se oproep vir dringende hervorming van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en die breër wêreldwye bestuurstelsel. Leier Tebogo Mashilompane sê Afrika dra ‘n buitensporige las van konflikte wat deur die Veiligheidsraad bespreek word terwyl die vasteland nie oor permanente verteenwoordiging […]
# Die IVP-leier Velinkosi Hlabisa doen vra vir ‘n dringende en deurtastende ondersoek na die N2-ongeluk by KwaShikishela, Mtubatuba, waarin 11 mense dood en agt beseer is. Hy sê die owerhede moet vasstel of die minibus-taxi en die vragmotor padwaardig en behoorlik onderhou was, en of hulle aan veiligheidsregulasies voldoen het. Hlabisa sê enigiemand wat […]