Skip to content

Tennis: Svitolina en Monfils se paadjies gaan skei

# Tennis: Een van die sport se bekendste egpare se huwelik is op die rotse. Elena Svitolina van Oekraïne het aangekondig sy gaan skei van die gewilde Fransman Gaël Monfils, wat onlangs uitgetree het. Hulle is in Julie 2021 getroud en het ‘n vierjarige dogtertjie. Die 33-jarige Svitolina, nou sesde op die wêreldranglys, sê sy moet ‘n weg na haarself terugvind en kan dit nie binne haar huwelik doen nie. Die 40-jarige Monfils was ‘n promotorskeuse vir dié week se ATP-250-toernooi in Lyon, Frankryk, maar het om persoonlike redes onttrek.