# Die kredietverskaffer Prime Loans vra die regering om die reëls vir korttermynlenings te hervorm om toegang tot veilige, wettige krediet te verbeter en finansieel kwesbare verbruikers te beskerm teen onwettige geldskieters. Die onderneming sê verouderde prysbepalings, wat sedert 2015 nie wesenlik hersien is nie, maak dit vir kredietverskaffers moeilik om lenings toe te staan aan kliënte met ‘n hoër risikoprofiel. Nita Morgan van Prime Loans vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om voor Woensdag se mediumtermyn-begrotingsverklaring voorkeur te gee aan hervormings in die uitleensektor:
Prime Loans vra leningshervormings voor mediumtermyn-begrotingsverklaring [KLANK]
ENG MorganOnLendingReforms