# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap het vandag hulde gebring aan kaptein Zamani Mzayiya wat aan diens dood is. Die 50-jarige is verlede week tydens ‘n skietery met ‘n verdagte in Knysna doodgeskiet. Hy was deel van ‘n span wat ontplooi is ná ‘n vlaag noodlottige skietvoorvalle in die gebied. Polisiebestuur, kollegas en familie […]
# Die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies het wysigings aan die verpligte veiligheidstandaarde vir nuwe passasiersvoertuie voorgestel. Die konsepregulasies vereis onder meer minstens vier lugsakke, beskerming teen botsings aan die kant van voertuie, elektroniese bestendigheidsbeheer en standaarde vir kuberveiligheid en gevorderde bestuurder-bystandstelsels. Die voorstelle maak voorsiening vir elektriese, hibriede, waterstof- en gasaangedrewe voertuie. Verbruikers, vervaardigers […]
# Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie het aanbeveel dat die heffing van 27,26-persent op die invoer van deursigtige glas uit Egipte behoue bly. Die besluit volg op ‘n hersiening wat op versoek van PFG Building Glass, ‘n afdeling van die PG-groep, gedoen is. Itac het bevind om die heffing te staak sal waarskynlik daartoe lei dat plaaslike […]
# Die polisie in Gauteng het tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Matholesville, Roodepoort drie verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van plofstof. SAPD-woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beslag is gelê op 88 veiligheidslonte, 62 plofstofpatrone en 400 meter ontploffingskoord ter waarde van 160-duisend-rand. Die verdagtes, almal Zimbabwiese burgers, is na ewering betrokke by OTM-bomaanvalle, transito-rooftogte […]
# ActionSA versoek maatreëls om toekomstige onderbrekings van die polisie se een-nul-trippel-een-noodlyn in Kaapstad te voorkom. Provinsiale kommissaris Sizakhele Dyantyi het onthul daar is vanaf gistermiddag ‘n tegniese fout sonder ‘n herstel-tydlyn. Dereleen James van ActionSA noem dit onaanvaarbaar, met een-duisend-71 moorde in die Wes-Kaap in die eerste kwartaal. Sy het die polisie versoek om […]
# Dis Toerismemaand en Stad Kaapstad sê slimmer bemarking en verbinding sal toerisme aandryf. Die burgemeesterkomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, het aan Meta gesê bemarking moet belangstelling in besprekings omskep. Hy sê die Dit is Kaapstad-veldtog het die Moederstad in 55 stede wêreldwyd bemark en sowat 250-miljoen mense bereik. Vos sê toerisme het verlede […]
# Die DA sê staatskole in Gauteng skuld munisipaliteite 17,2-miljoen-rand, wat die gevaar van water- en elektrisiteitsafsluitings verhoog. Die LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het die syfer in die wetgewer bekend gemaak. DA-woordvoerder Michael Waters vra ‘n ondersoek na skole se munisipale koste, en ‘n verduideliking hoe die skuld vereffen gaan word sonder om leerprogramme […]
# Die VF Plus in Gauteng sê die Ekurhuleni-metro se versuim om aanspreeklikheid vir onreëlmatige besteding af te dwing is onaanvaarbaar. Aanbevelings is tydens Maandag se raadsvergadering ter tafel gelê om meer as 140-miljoen-rand se geskiedkundige onreëlmatige besteding af te skryf. Drie-en-vyftig-miljoen-rand kan nie verhaal word nie weens verlore dokumente en onbeskikbare personeel. Karl Rautenbach […]
# Rugby: Die veteraan-losskakel James O’Connor hoop om die Wallabies in volgende jaar se tuis-Wêreldbekertoernooi te verteenwoordig nadat hy na die Superrugby-span Western Force teruggekeer het. Hy het in 2008 op 17 sy buiging vir die span van Perth gemaak en sedertdien talle ander klubs verteenwoordig, insluitend London Irish, Sale Sharks, die Crusaders en Leicester […]