#Die VF Plus sê Ekurhuleni se jongste burgemeestersverslag toon ernstige finansiële en diensleweringsdruk. Denise Janse van Rensburg van die party sê dit toon van die 231 beloftes wat in die vierde kwartaal van 2025/26 gemaak is, is slegs 58, of nagenoeg 25-persent, voltooi, 35 is aan die gang en 138 is steeds uitstaande. Die verslag […]
# Stad Tshwane gaan voort met planne om sy eie Hooggeregshof-skikkingsooreenkoms met Kleinfontein te betwis, al het die Afrikaner-only township sy finansiële en administratiewe verpligtinge ingevolge die ooreenkoms nagekom. Kleinfontein Aandeleblok, die onderneming wat die skikking bestuur, het gister sy uitstaande agterstallige skuld betaal en ‘n omvattende aansoek ingedien om die grond te ontwikkel, wat […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê ‘n hersiene konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie sal teen die einde van die boekjaar gefinaliseer word en later vir openbare kommentaar vrygestel word. Die beleid probeer om digitale innovering te bevorder terwyl etiese kwessies en KI-verwante risiko’s aangespreek word. Die eerste konsep is teruggetrek nadat […]
# Die Africa Finance Corporation het ‘n nuwe filiaal, AFC Captive Insurance Company, gestig om risikobestuur te versterk en infrastruktuurfinansiering regoor Afrika te ondersteun. Die maatskappy, wat in Bermuda gebaseer is, word ten volle deur AFC besit en het nagenoeg 484-miljoen-rand in aandelekapitaal. Dit sal aanvanklik versekeringsdekking vir AFC-lenings bied, wat die groep sal help […]
# Vier Suid-Afrikaanse bedryfsorganisasies is bekommerd oor berigte dat ses Chinese ondernemings beplan om vervaardigingsaanlegte in Gauteng te vestig. Die ondernemings sal na verwagting transformators en kragmaste vir die Nasionale Transmissiemaatskappy se uitbreidingsprogram vervaardig. Die Kraglyn- en Substasievereniging van Suid-Afrika, Manufacturing Circle, die Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika en die Vereniging van Elektriese Kabelvervaardigers sê […]
# ‘n Ekonoom van KPMG Suid-Afrika sê ‘n sterker rand sal nie die skerp styging in wêreldwye brandstofpryse in September teenwerk nie. Frank Blackmore sê die onderverhaling vir 95-oktaan petrol is een-rand-ses-sent per-liter en vir 93-oktaan staan dit op 96 sent. Die onderverhaling vir diesel is twee-rand-71- en twee-rand-92-sent. Hy sê al het die rand […]
# Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie vra voorlopige maatreëls van tot 28,11-persent op die invoer van kleurbedekte staal uit China. Die maatreëls, wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan toepas, sal ses maande geld. Vervaardigers ArcelorMittal Suid-Afrika en Safal Steel het gekla Chinese staal word teen pryse onder markwaarde in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie bemark, wat plaaslike vervaardigers wesenlik benadeel. […]
# Die Departement van Basiese Onderwys berei riglyne voor om grense te stel vir boodskappe tussen onderwysers en leerders op WhatsApp en sosiale media om onvanpaste verhoudings te voorkom. Die adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, Riaan van der Bergh, sê die probleem is gedrag en nie tegnologie nie. Hy sê net reëls […]
# Iranian president Masoud Pezeshkian says his country will immediately reciprocate if the United States returns to its commitments under an interim deal signed in June. He made his comments at the Shanghai Cooperation Organisation Summit in Bishkek after the first exchange of direct attacks in the US-Iranian conflict since late July. The US struck Larak Island […]