# Nepal’s rescue teams, helped by Chinese and Indian experts, stepped up efforts today to reach hundreds of people believed to be stuck inside blocked hydropower project tunnels in the aftermath of the floods. It killed more than 900 people and nearly five-thousand are stil missing, carving a trail of destruction in the country’s valley […]
# Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje en Aryna Sabalenka van Belarus begin vandag op Flushing Meadows in New York met die verdediging van hul Amerikaanse Ope-enkelspeltitels. Alcaraz, wat vanjaar tweede gekeur is, speel teen Roman Safiullin op die Arthur Ashe-stadion. Die Rus is tans 135ste op die wêreldranglys nadat hy sy beste posisie van 36ste […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns pak Orlando Pirates in die eindstryd van die MTN8. Die Brazilians het Golden Arrows 3-2 verslaan in hulle tweederonde-halfeindstryd in Durban. Sundowns dring deur danksy die weg-wedstryd-reël nadat die twee kragmetings 3-elk geëindig het. Pirates kort een oorwinning vir hulle vyfde agtereenvolgende MTN8-titel nadat hulle Sekhukhune United in Soweto 3 -0 […]
# ‘n Sewe-en-dertigjarige beskuldigde wat verbind word met die beweerde plundering van 635-miljoen-rand in die Tembisa-hospitaal in Gauteng, is borgtog van 200-duisend-rand toegestaan in die Handelsmisdaadhof in Palm Ridge. Stefan Govindraju is Vrydag op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy van die buiteland teruggekeer het. Hy staan tereg op aanklag van […]
# Rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus het klein veranderings aan sy beginspan gemaak vir die derde toets teen die All Blacks Saterdag op die FNB-stadion in Johannesburg. Die voorry Ox Nché, Malcolm Marx en Wilco Louw keer terug na die beginspan terwyl Gerhard Steenekamp, Deon Fourie en Thomas du Toit na die bank verskuif. Cheslin […]
# Tennis: Suid-Afrika se beste speler, Lloyd Harris, speel teen of die tiende-gekeurde Fransman Arthur Fils of die ongekeurde Griek Stefanos Tsitisipas in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Hy het gekwalifiseer voor hy die plaaslike speler Jack Kennedy in die eerste ronde in skoon stelle verslaan het. Die 29-jarige Harris se beste vertoning […]
# Vrouemaand eindig vandag en Inyathelo vereer die buitengewone vroueleiers, aktiviste en maatskaplike werkers wat die ruggraat van Suid-Afrika se burgerlike samelewing vorm. Suid-Afrika se sektor vir organisasies sonder winsbejag bestaan uit bykans 300-duisend geregistreerde organisasies, met vroue wat na raming tussen 65- en 70-persent van die arbeidsmag vorm. Feryal Domingo van Inyathelo sê die […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler, Kagiso Rabada, is in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om betyds fiks te wees vir die tuisreeks van drie toetse teen Australië in Oktober. Hy het sy regter-agterkniesening beseer tydens oefening vir sy plaaslike span, die Lions. Rabada is reeds onttrek van die eendagreeks teen Australië, wat volgende maand begin. Krieket […]
# Die R521 in Limpopo naby die Vivo-aansluiting bly gesluit nadat ‘n vragmotor geknipmes het. Woordvoerder van die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Mashudu Mabata, sê verkeersbeamptes is op die toneel en herlei die verkeer na die skouer van die pad om na en van Alldays en Louis Trichardt te reis. Mabata vra motoriste om […]