Skip to content

DA maak strafregtelike saak aanhangig oor Tshwane se waterkrisis [KLANK]

# Die DA gaan ‘n strafregtelike saak aanhangig maak oor beweerde tekortkominge in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg in Tshwane. Dit volg op berigte van tot 160 gevalle van maag- en ingewandsiektes waarvan die oorsaak nog nie vasgestel is nie. Die DA se burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, sê ‘n verklikker beweer dat chloorbehandeling drie weke lank opgeskort is. Hy eis toets-uitslae van die watergehalte, ‘n onafhanklike ondersoek en dringende toegang tot veilige drinkwater vir gemeenskappe wat geraak word:

AFR-BrinkOnWater