# Rugby: Die Springbokke het bevestig die ervare losskakel Handré Pollard gaan môre se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad misloop weens ‘n kuitbesering. Sacha Feinberg-Mngomezulu vervang hom in die nommer tien-trui en Manie Libbok bied dekking op die bank. Afrigter Rassie Erasmus het ook aangekondig die drieë-vraat Cheslin Kolbe is in die […]
# Activists and Citizens Forum sê bewerings van stemkopery binne die ANC bestaan al lank en vereis groter openbare ondersoek. Dit volg op onlangse bewerings deur ‘n lid van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma. Die forum beweer dat omkopery plaasgevind het tydens leierskapsverkiesings, insluitend 2007 se konferensie in Polokwane. Woordvoerder Dennis Bloem […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, begin sy Amerikaanse Ope-titel verdedig teen Roman Safiullin van Rusland. Die Spanjaard het sedert April nog nie in enige enkelspelwedstryde gespeel nie weens ‘n gewrigsbesering. Alcaraz kan moontlik die viermalige kampioen Novak Djokovic in die halfeindstryd ontmoet. Die Serwiër speel in die eerste ronde teen die Argentyn Mariano Navone. […]
# Die DA in die Wes-Kaap neem kennis van die ANC se erkenning dat voortdurende moorde en geweldsmisdaad gemeenskappe in die provinsie raak en dringend aandag verg. Gillion Bosman van die DA sê dit is egter nie genoeg om die probleem net te erken nie en vra ANC-lede in die provinsiale wetgewer om hul invloed […]
# Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het die Nasionale Tesourie genader vir ‘n amptelike staatswaarborg om befondsing teen gunstiger voorwaardes te bekom en sy ontwikkelingsmandaat te versterk. Die staatsbeheerde instelling het ook met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gepraat oor moontlike belastingvrystellings soortgelyk aan dié van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika. Die finansiële hoof, Isaac Malevu, sê ‘n staatswaarborg kan die […]
# Rugby: ‘n Held in die Springbokke se Wêreldbekerwenspan van 1995, Joel Stransky, en die voormalige All Black-legende Zinzan Brooke is in Wêreldrugby se heldesaal opgeneem. Nog vyf name sal vroeg in September aangekondig word om die klas van 2026 te voltooi. Stransky het al Suid-Afrika se punte aangeteken in die Springbokke se geskiedkundige oorwinning […]
# Vyf van die ses Suid-Afrikaners wat vermis word na die verwoestende oorstromings in Nepal en Tibet is van KwaZulu-Natal. Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die ander een is van KuGompo City in die Oos-Kaap. Minstens 270 mense is volgens berigte dood en meer as een-duisend-300 is nog nie opgespoor […]
# Krieket: Duan Jansen moes vyf jaar wag om by sy tweelingbroer, Marco, aan te sluit in die nasionale groep. Hy kan sy buiging vir die Proteas maak in die driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe in Windhoek, wat môre afskop met die wedstryd tussen Suid-Afrika en Namibië. Die 26-jarige Jansen word beloon vir skitterspel […]
# Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het voor die Madlanga-kommissie getuig Misdaadintelligensie het die Valke nie toegang gegee tot die opsporingstoerusting wat nodig is om ontvoerings en transito-rooftogte te ondersoek nie. Lebeya sê die Valke vra reeds sedert 2018 vir toegewyde ondersteuning deur Misdaadintelligensie, maar sonder sukses. Hy sê Valke-ondersoekers moes eers […]