# Die United Progressive People Alliance sê inwoners van Hammanskraal moes byna twee weke lank sonder betroubare watervoorsiening klaarkom. Die party se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Abel Tau, sê hulle moes sonder basiese higiëne klaarkom. Hy sê die watertoevoer is eers herstel toe die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die gebied besoek het, wat vrae laat […]
# Tennis: Die Switserse meester Roger Federer sê sy inhuldiging in die heldesaal is een van die grootste eerbewyse van sy lewe. Die 20-malige Grand Slam-kampioen het die eerbetoon emosioneel aanvaar tydens ‘n seremonie in Rhode Island, Amerika. Hy het sy beroepsloopbaan in 1998 op 16-jarige ouderdom begin en uiteindelik agt Wimbledon-enkelspeltitels ingepalm, asook ses […]
# Rugby: The Stormers have secured a key group of players on contract extensions ahead of the 26/27 season, with nine URC winners among those committing their futures to the blue and white. Ruhan Nel, Deon Fourie, Seabelo Senatla, Leolin Zas, Marcel Theunissen, Hacjivah Dayimani, Warrick Gelant, Adré Smith and JJ Kotzé, all title winners […]
# President Cyril Ramaphosa sê wyle Regter Fikile Eunice Mokgohloa sal môre ‘n Kategorie Twee spesiale amptelike begrafnis in Pretoria ontvang. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die 65-jarige Mokgohloa het die Regbank met uitnemendheid gedien. Hy was sedert 2019 ‘n Regter van die Appèlhof en voorheen Adjunk-Regterpresident van die Hooggeregshof in Limpopo. […]
# Die DA sê hy sal antwoorde eis van die Openbare Beleggingskorporasie oor die verlies van honderde miljoene rand wat namens die Pensioenfonds vir Staatsamptenare in Efora Energy belê is. Andrew Bateman van die DA sê volgens mediaberigte het die Beleggingskorporasie 70-miljoen-rand in 2011 belê, nog 329-miljoen-rand in 2014, en ‘n verdere 364-miljoen-rand in 2018:
# Rugby: Die Wallabies-afrigter Les Kiss het sy voorspelers vir môre se toets teen Argentinië in Jujuy hersien in ooreenstemming met sy rotasiebeleid. Kaptein Harry Wilson kry ‘n ruskans en stut Allan Alaalatoa sal Australië aanvoer. Onder die veranderinge is Rob Valetini in die nommer agt-trui wat gewoonlik deur Wilson gedra word, Tom Hooper keer […]
# Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet van energiebeplanning na lewering oorgaan, gerugsteun deur ‘n elektrisiteitsbeleggingsprogram van 2,23-duisend-miljard-rand. Ramokgopa het tydens ‘n byeenkoms van rolspelers in die energiesektor in Johannesburg gesê die Geïntegreerde Hulpbronplan mik daarna om teen 2039 sowat 105-duisend-megawatt nuwe opwekkingsvermoë by te voeg. Dit sluit in son-, […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê Suid-Afrika sal nie teen 2030 sonder water wees nie, ondanks plaaslike tekorte. Hy het tydens ‘n ministeriële gesprek oor watersekerheid gesê die land het ongeveer 95-persent watervoorsieningsversekering, maar benodig groot beleggings in infrastruktuur. Mahlobo sê die Polihali-dam sal na verwagting vanaf 2028 bykomende water aan […]
# Die taxi-baas Joe “Ferrari” Sibanyoni het onthul dat taxigeweld afgeneem het onder sy leierskap van 2020 tot nou. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig daar is nou minder voorvalle van geweld binne die bedryf. Sibanyoni het die verbetering deels toegeskryf aan verhoogde polisie-vermoë en pogings om vrede te bevorder op ampsdraers-vergaderings. Hy sê die […]